Lees saam met ons die Ou Testament

Job

Betekenis: Vyand of vervolgde.

Skrywer: Onbekend, waarskynlik Elihu, geskryf in eerste persoon. Moses word ook genoem.

Interessant: Job was moontlik van die eerste boeke wat geskryf was. Dis ‘n digterlike boek en is die eerste van die digterlike boekgroep. Die boek bestaan hoofsaaklik uit mense se opinies. Ons moet dus versigtig wees wat ons uit die boek as God se mening gebruik. God praat slegs in 4 hoofstukke (Job38-41) en enkele verse in Job1.

Doel: Job spreek die probleem van swaar kry aan en gee ons insig in die werking van die geestelike realm en die vyand.

Tema:

  • Lyding – Ons verstaan nie altyd waarom ons swaar kry nie, feit is ons leef in ‘n gevalle wêreld waar dinge nie, is soos ons dink dit behoort te wees nie. Goeie en slegte mense gaan almal een of ander tyd deur moeilike tye. Die wat God liefhet is nie uitgesluit van probleme nie. Probleme dryf ons nader aan God.
  • Vyand se Aanvalle – In die boek, Job sien ons dat die vyand ‘n skeuring in Job se verhouding met God wil veroorsaak. Ons het Jesus wat vir ons ‘n Nuwe Verbond kom bevestig het, iets wat Job nie gehad het nie. Wanneer ons in ‘n verhouding met God staan, sal ons gou die aanslae van die vyand raak sien en kan teenstaan. Jesus het die vyand en die dood oorwin en ons is vrygekoop, die vyand het geen reg op ons nie.
  • God se Goedheid – God het Jesus in ons plek laat lei en sterf. Ons is duur gekoop. Dit het vir ons sekere regte beskikbaar gemaak. Ons het outoriteit wat ons moet gebruik, maar as ons dit nie weet nie, kan ons dit nie gebruik nie.
  • Hoogmoed – God spreek Job se vriende aan oor hul hoogmoed en arrogansie. Ons het nie volle insig en kennis nie. Ons moet versugtig wees om nie mense te oordeel, terwyl ons nie alles weet of verstaan nie, dit is hoogmoed.
  • Vertroue – Ten spyte van wat alles met Job gebeur het, het hy sy fokus op God gehou en nie getwyfel in God nie. Dit is slegs moontlik as ons ‘n stewige fondasie het waarop ons geloof gebou is, ‘n seker wete dat God vir ons is en nie teen ons is nie. Rom8:31

Inhoud:

A. Job word getoets (Job1:1-2:13)

B. Drie vriende antwoord Job (Job3:1-31:40)

  1. Job begin die gesprek (Job3:1-26)
  2. Eerste gespreksiklus (Job4:1-14:22)
  3. Tweede gespreksiklus (Job15:1-21:34)
  4. Derde gespreksiklus (Job22:1-31:40)

C. ‘n Jong man antwoord Job (Job32:1-37:24)

E. Job se situasie word herstel (Job42:1-17)

Tydperk: Daar is meldings in die boek wat dit terug dateer na die tyd voor Abram, tussen Gen10 en 12, beslis voor Moses, want die wet word nie genoem nie. Waarskynlik tussen 2000 – 1800 voor Christus. Geskryf moontlik teen 1400 voor Christus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *