Ester
Ester is ‘n Persiese naam, in Hebreews was haar naam Hadassa.
Betekenis: Ster in Persies en mirte (plant) in Mediaans.
Interesantheid: Nêrens in die boek word God genoem nie. (ANV 83, NLV en Bybel in Praktyk, het God in, geen ander vertaling het dit nie. Hierdie 3 vertalings gee die begrip en nie die presiese woorde nie. Ester9:31)
Skrywer: Onseker, moontlik Mordegai (Ester9:29)
Doel: Om die Here se almag en Sy beheer oor wêreldgebeure uit te wys.
Tema:
- God is Soverein – Soverein (dit beteken God is van die hoogste orde of beheer, maar nie soos in ‘n diktator styl nie.) Ester vertel van die omstandighede van die Jode in die tydperk en hoe God mense gebruik om Sy volk te red. Ons kan met vertroue op God staatmaak om ons te help in alle omstandighede. God het altyd ‘n uitweg of plan wat werk vir Sy kinders.
- Haat – Haman se hooghartigheid en trots het hom gedryf om meer mag te bekom, ongeag wat en wie in die slag sal bly. Dit het haat geword teenoor Mordigai en die Jode. Elke mens is belangrik vir God, want Hy het almal geskape na Sy beeld. Jesus se liefde en opofferings op die kruis leer ons om almal te respekteer en te vergewe.
- Vrystelling – God het Ester gebruik om Sy volk te red. Hulle vier dit met die Purimfees. God word nie verras deur mense se aksies nie, Hy is altyd gereed met ‘n plan teen/rondom die booshede van die wêreld.
- Aksie – Toe dood vir hulle en hul mense bedreig, het Mordigai en Ester hulle eie vrese op sy gesit en manmoedig aksie geneem, ten spyte van die gevolge, soos hulle gedink het God hulle lei.
- Wysheid – Die Jode was in die minderheid in ‘n ongelowige omgewing, dit het wysheid geneem om reg op te tree in so ‘n omgewing en steeds met opregtheid en integriteit te leef. Wysheid hier beteken om in die omstandighede steeds met respek, opregtheid en nederigheid op te tree teenoor die leiers, selfs as jy moet staan teen verkeerde dinge.
Inhoud:
Ester word Koningin (Ester1:1-2:23)
Die Jode word Bedreig (Ester3:1-4:17)
Mordigai en Ester Tree In vir die Jode (Ester5:1-8:17)
Die Jode Verdedig Hulself (Ester9:1-10:3)
Gehoor: Die mense van Israel.
Tydperk: Ongeveer 470 voor Christus, Ester het koningin geword 479 voor Christus
