Lees saam met ons die Ou Testament

Inleiding

Indeling van die Ou Testamentiese Boeke.

Die Ou Testament vertel ons die stories of geskiedenis van die begin van die skepping tot ongeveer 400 jaar voor Jesus gebore is.

Die 39 boeke is meestal in Hebreuws geskryf, met Aramees in ‘n paar hoofstukke van die profetiese boeke.

Vir ‘n boek om vir soveel jare te oorleef en bewaar te bly is ‘n wonderwerk van God! (1Tim3:16 en Mat5:18)

Ou Testament Indeling

  • Pentateug-boeke: is die eerste 5 boeke van die Bybel en is almal deur Moses geskryf.
  • Geskiedkundige-boeke: dit is die volgende 12 boeke, van Josua tot Ester.
  • Digterlike-boeke: is die volgende 5 boeke van Job tot Spreuke.
  • Groot Profetiese-boeke: is die volgende 5 boeke van Jesaja tot Daniël (Hulle word ‘groot’ genoem omdat hulle boeke langer is as die ander profete se boeke.)
  • Klein Profetiese-boeke: Dit is die laaste 12 boek van die Ou Testament, van Hoséa tot Maleági.

Dis belangrik om te onthou:

  • dat die mense van die Ou Testament nie Bybels gehad het nie en na dit opgeskryf is, dit nie vir almal beskikbaar was nie.
  • die mense van die Ou Testamentiese tyd was ook nie bekeer nie en Heilige Gees was nie in hulle nie, dit het soms vir ‘n tyd op die mense van God gekom sodat ‘n spesifieke taak gedoen kon word.

Ons vind Christus in elke Ou Testament-boek van die Bybel.

  1. Genesis 3:15 – Die eerste belofte van Jesus die verlosser – Saad van die vrou
  2. Eksodus 12:3 – Lam vir die Pasga – Lam is ‘n simbool van Jesus
  3. Levitikus 17:11 – Hoë Priester – offers – Lewe is in die bloed en die bloed doen versoening vir ‘n mens se siel – Jesus se bloed het ons versoen met God.
  4. Numeri 20:8,11 – Die rots is Jesus. Moses het die Rots geslaan, in plaas van om met die rots te praat.
  5. Deuteronomium 18:18 – Jesus getroue profeet – soos Moses
  6. Josua 5:14,15 – Leërowerste van die Here (Aanvoerder van die hemelse leër) – soos Joshua na die beloofde land
  7. Rigters 2:18 – Regter en Verlosser (redder) – Jesus rig en verlos soos die rigters Israel gelei en verlos het.
  8. Rut 3:12 – Boas uit die geslag van Dawid was Rut se verlosser – Boas is ‘n skadubeeld van Jesus wat ons verlos van ons sonde.
  9. 1 Samuel 2:10 – Gesalfde Koning (Een) – Jesus is ons gesalfde Koning, Hy is verhef met God se krag.
  10. 2 Samuel 7:12–16 – Jesus – Seun van Dawid
  11. 1 en 2 Konings – Die Heerser – Koning wat kom (Jesus is die Koning van konings van Nuwe Testament)
  12. 1 en 2 Kronieke – Heerlikheid van die Tempel – heerlikheid (glorie), wysheid wat ons in en deur Jesus ervaar.
  13. Esra 7:10 – Getroue Skrywer – Esra was ‘n priester en het die wet (Geskrifte) geleer en bewaar en dit weer aan ander geleer soos Jesus ook gedoen het.
  14. Nehemia 2:4,5,17 – Hersteller van gebreekte mure van Jerusalem – (die mure was beskerming en het verlossing van aanvallers gebring). Jesus is ons verlossing, Hy herstel ons mure (siel – denke, wil, emosies) van seer en sonde.
  15. Ester 4:1 – Mordegai het meegevoel (empatie, medelye) met volksgenote gehad net soos Jesus meegevoel gewys het in genesing en verlossing.
  16. Job 19:25 – ten spyte van die lyding kom verlossing – Verlosser (Jesus) het gekom.
  17. Psalm23:1 – Herder – Die Herder (Jesus) versorg Sy skape. (John10)
  18. Spreuke 8:22,23 – Spreuke (veral hoofstuk 8) handel oor wysheid en ewigheid – Jesus is die Wysheid van God wat ewig is, van die begin af.
  19. Prediker 12:9 -11 – Groot Leermeester (Onderwyser) – Jesus het ook die mense geleer.
  20. Hooglied 2:1,2; 5:10 – ‘n Beeld van Bruidegom (God) se liefde – God se liefde vir Sy Kerk (ons) – Jesus se opofferende liefde aan die kruis vir ons.
  21. Jesaja 52:14: 53:1-5,10 – Lydende Dienaar en Verlosser – Jesus doen dit sodat ons verlos kan wees.
  22. Jeremia 31:31 – Insteller (Jesus) van ‘n Nuwe Verbond – Jesus voer dit uit. Verbond = ooreenkoms, kontrak
  23. Klaagliedere(van Jeremia) 3:28-30 – man van droefheid (leed) – Hoë Priester in rou vir volk se sondes – Jesus ons Hoë Priester wat intree vir ons sondeslas en vir ewig dit verwyder.
  24. Daniël 3:24,25 – 3 Hebreuwse mans en 1 man in die vuuroond – Jesus is die vierde man- die Man van verlossing.
  25. Hosea 3:1 – Liefhebber van die trouelose vrou en haar vrykoop – Beeld van God se liefde wat alles doen om Sy vrou (kerk) te red, vry te koop, deur Jesus.
  26. Joël 3:16 – Hoop van Israel (gelowiges) – Jesus is ons Hoop; Joël2:28-32 Heilige Gees sal kom. Belofte van hulp en leiding.
  27. Amos 8:9 – Lasdraer – Jesus het gesterf vir ons sondes en dit was donker in die middag. Mat 27:45-46. Jesus dra ons skuld/las en verlos ons.
  28. Obadja 1:17,21- Regverdige Regter – Vir die huis van Jakob sal daar uitkoms wees en hulle sal dit inbesit neem – Jesus die Verlosser
  29. Jona 2:7-10 – Jesus is opgewek – nes Jona na 3 dae lewend uit die vis uitgekom het, so het Jesus na 3 dae uit die dood opgestaan en die dood oorwin vir ons. Mat 12:40
  30. Miga 5:2 – Regeerder of Heerser – Daar sal Een kom as Heerser. Mat 2:1,2
  31. Nahum 1:2,3,7 – Toorn-draer (Straf-draer) – Jesus het die straf vir ons gedra – John 3:18
  32. Habakuk 3:2,18-19 – Vreugdevolle verlossing – Jesus verlos ons van ons sondelas en swaarkry.
  33. Safanja 3:15 – Koning van Israel beskerm – Jesus is ons Koning wat vir ons intree en ons beskerm.
  34. Haggai 2:6-9 – Heerlikheid van God sal gesien word in die tempel – Jesus is deur sy ouers na die tempel gebring en Sy heerlikheid was in die tempel. Luk 2:27-32
  35. Sagaria 3:8 – Die Geregtige Loot – belofte van Jesus se koms. Hebr8:1; Mat 21:6-9.
  36. Maleagi 4:2 – Son van redding (geregtigheid) met geneesing in sy vlerke – Jesus het vir ons nie net redding gebring nie, maar ook genesing! Jes 53:3-5

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *