Nehemia
Laaste van die historiese boeke, en ‘n tydgenoot van Maleagi.
Betekenis: Troos van die Here
Skrywer: Moontlik Esra aangesien Esra en Nehemia oorspronklik een boek was . Nehemia kon ook geskryf het aangesien dit in die eerste persoon geskryf is.
Doel: Vertel die geskiedenis van die bou van die mure van Jerusalem na die derde groep terugkeer uit ballingskap.
Tema:
- Visie – Die tempel was reeds herbou, maar die mure van Jerusalem nie. God het dit in Nehemia se hart die begeerte en visie geplaas om die mure op te bou. God plaas nog steeds begeertes en visies in ons harte om Sy kinders te help.
- Gebed – Nehemia het die probleem geïdentifiseer, gebid en dan opgetree. Gebed is God se magtige krag om ons probleme op te los en Sy wil te doen.
- Leierskap – Nehemia is ‘n besonderse leier, ook geestelik. Hy het deeglik beplan, in spanne gewerk, probleme opgelos en mense bemoedig om vol te hou met die werk. Om ‘n leier te wees in God se koninkryk gaan nie oor jou nie. Luister na God en doen Sy opdragte.
- Probleme – Wanneer konflik, dreigemente en vrees kom is dit ons keuse of besluit om ontmoedig te word. Ons moet nie probleme vermy nie, maar met God se leiding dit uitsorteer.
- Belydenis – Om sonde te erken is nie genoeg nie, ons moet aksie neem en reg maak wat verkeerd is. Dit is nie net goed om te bekeer van sonde nie, God wil die middelpunt van jou lewe wees.
Inhoud:
A. Die Muur word Herbou (Nehemia1:1-7:72)
- Nehemia kom terug Jerusalem toe.
- Nehemia Lei die Mense
B. Hervorming van die Mense (Nehemia7:73 – 13:31)
- Die verbond word herbevestig
- Nehemia stel riglyne vas
Gehoor: Die wat teruggekeer het uit ballingskap uit Babelonië.
Tydperk: Geskryf 445-432 voor Christus. Handel oor die derde groep wat teruggekeer het in ongeveer 445 voor Christus.Dis ongeveer ‘n 25 jaar tydperk.
