Esra
Betekenis: Help of helper.
Skrywer: Waarskynlik Esra. Die boek volg op 2 Kronieke waar ballingskap begin het en nou keer die Judeërs terug na Jerusalem na die ballingskap.
Doel: Om God se getrouheid te bewys en hoe God Sy beloftes na kom.
Tema:
- Jode keer terug – Dat die Jode teruggekeer het na Jerusalem wys dat hulle aan God glo. God is genadig en sal Sy mense herstel, maak nie saak wat jou ‘gevangenisskap’ behels nie. God is altyd naby ons.
- Toewyding hervat – Daaglikse offers en jaarlikse feeste is weer ingestel met die bou van die altaar en tempel. Net soos hulle, hulle verbind het tot aanbidding van God en geestelike groei, moet ons, ons ook verbind tot aanbidding en geestelike groei in Chtistus.
- Teenstand – Teenstand het gekom kort nadat die altaar en die fondasies vir die tempel gebou was. Die vyand sal altyd probeer om die werk van God te stop of te vertraag. Dit is dan die tyd om seker te wees van God se opdrag en nie te twyfel nie. God het altyd ‘n plan, ‘n weg, om sulke teenstand en sal jou lei met wysheid en krag om sy opdrag uit te voer.
- God se Woord – Met die terugkeer na Jerusalem, het die mense ook teruggekeer na God se woord toe, wat weer God en Sy woord en die invloed daarvan in hulle lewens gebring het. Hulle was bemoedig deur Haggai en Sagaria die profete en Esra se skifgebaseerde predeking het hulle opgebou in geloof. Hierdie dinge is die basis(fondasie) vir ons geloof, dit waartoe ons ons verbind.
- Geloof en Aksie – Israel se leiers het hulle aangemoedig om die temple te voltooi. Die sonde van huwelike met heidene en hul afgodediens, is verwyder en hul geloof herbevestig. Wanneer ons God vertrou met ons lewens en harte, vereis dit ook aksie, die uitleef van ons geloof binne God se riglynne.
Inhoud:
A. Die terugkeer gelei deur Serubbabel (Esra1:1-6:22)
- Die eerste groep bannelinge keer terug na Jerusalem.
- Die tempel word herbou.
B. Die terugkeer gelei deur Esra (Esra7:1-10:44)
- Die tweede groep bannelinge se terugkeer.
- Esra staan ondertrouery teen.
Gehoor: Die Judes-bannelinge wat na 70 jaar teruggekeer het na Jerusalem.
Tydperk: 475 voor Christus geskryf oor die gebeure van 538-450 voor Christus.
