Lees saam met ons die Ou Testament

2 Kronieke

Betekenis: Om iets aan te teken, rekord hou, geskiedenis, storie.

Skrywer: Esra volgens Joodse oorlewering.

Agtergrond: Kronieke is geskryf met God se uitkyk op gebeure. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die boeke van Samuel, Konings en Kronieke want dit handel oor die selfde tydperk se gebeure, maar dis met ‘n ander uitkyk geskryf.

Doel: Om die volk te herenig deur ware aanbidding (worship) van God. Die goeie konings se toewyding aan God is in hul hervormings te sien, maar die slegte konings se dade het tot hulle ballingskap gelei.

Tema:

  • Tempel – Die tempel was dié geestelike plek waar God teenwoordig was en aanbid is. Vandag vergader ons in kerke om gemeenskap met die heiliges (gelowiges) te hê. Daar, saam met mede gelowiges, ervaar ons God se teenwoordigheid soos ons dit nie alleen kan ervaar nie. Ons is die liggaam van Christus wat God se tempel is (1Kor3:16; 1Kor6:19).
  • Vrede – Vrede is die gevolg van die mense se eenheid en lojaliteit tot God. Israel se getroueheid aan God was die sleutel tot vrede en oorlewing as ‘n volk. Dis nog steeds ons gehoorsaamheid, as ‘n volk en enkelinge wat vrede bring.
  • Gebed – Net soos in die jare van Israel se konings, antwoord God nog steeds gebede en kom Sy beloftes na, wanneer die volk Hom in nederigheid soek en weg draai van hulle sonde en tot God bid. Bid gedurig, stel God eerste in alles, en Hy sal ons lei en beskerm.
  • Herlewing – Ons moet onsself gedurig daartoe verbind om God te gehoorsaam en te dien, ons kan nie op iemand anders se dade ry nie (veilig / gered wees nie). Ons is verantwoordelik vir onsself maar ook vir ons gemeenskap waarin ons leef. Herlewing sluit in die afbreek van afgode en ongehoorsaamheid aan God.
  • Nationale Verval – Ons ongehoorsaamheid mag dalk nie dieselfde wees as Israel sin nie, maar ons verbintenis is nie altyd volledig en ernstig nie. Ons geestelike en morele verval is net so ernstig soos Israel sin, wanneer ons vergeet dat alles wat ons is en het, van God af kom. Wat ons het, is nie deur ons eie toedoen nie. (Deut8:18)

Inhoud:

A. Die Bewind van Salomo (2Kronieke1:1-9:31)

  1. Salomo Vra vir Wysheid
  2. Salomo Bou die Tempel
  3. Salomo se Toespraak en Gebed vir die Tempel
  4. Salomo se Rykdom en Wysheid

B. Koninkryk van Juda (2Kronieke10:1-36:23)

  1. Die Noordelike stamme (10 stamme – Israel) se Opstand
  2. Die Geskiedenis van Afvalligheid en Hervorming
  3. Juda se ballingskap na Babilon

Gehoor: Die Jode wat uit Babilon van ballingskap terug gekeer het.

Tydperk: 450-430 voor Christus geskryf. Dis die herskryf van gebeure met Israel van 970-586 voor Christus, van Salomo se heerskappy tot die ballingskap na Babilon begin het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *