1 Kronieke
Betekenis: Om iets aan te teken, rekord hou, geskiedenis, storie.
Skrywer: Esra volgens Joodse oorlewering.
Agtergrond: Kronieke is geskryf met God se uitkyk op gebeure. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die boeke van Samuel, Konings en Kronieke want dit handel oor die selfde tydperk se gebeure, maar dis met ‘n ander uitkyk geskryf.
Doel: Om te leer dat ware aanbidding (worship) aan God die middelpunt van elkeen se lewe en ook van die volk moet wees. Om die volk te verenig deur hul verbintenis met Dawid en hul geslagsrigister.
Tema:
- Israel se Geskiedenis – Israel se geskiedenis word hervertel deur hulle geslagsrigister en hulle konings se stories. Die skrywer lê die ware geestelike fondasie vir die volk, om hulle op te bou, na die ballingskap. Hierdeur sien hulle en ons dat God getrou is en Sy beloftes nakom.
- God se Mense – Deur die geslagsrigister en verlede van Israel, lê God hulle ware erfenis neer. Van Adam, Abraham, priesters onder Levi en koningskap van Dawid, wys dat hulle ‘n nasie met ‘n geestelike eenheid is en waarop hulle kon bou na ballingskap. God was altyd daar vir hulle en sal ook altyd daar wees vir ons.
- Koning Dawid – Dawid se toewyding aan God, die wet, tempel, aanbidding, die volk en geregtigheid het ‘n standaard gestel vir die kinders van God se koninkryk. Jesus sal kom regeer as Koning oor die hele wêreld. Jesus is ons hoop. Ons kan reeds nou al God se koninkryk ervaar, deur Christus volle beheer oor ons lewens te gee.
- Ware Aanbidding (Worship) – Dawid het die Verbonds Ark terug gebring Tempel toe en sodoende die aanbidding van die volk aan God herstel. Vandag is ons harte, die tempel waarin God woon, wanneer ons God erken as ons Koning wat ons lewens regeer, dan vind daar ware aanbidding (worship) plaas.
- Die Priesters – Die priesters is deur God aangestel om aanbidding te lei. Ware aanbidding kan net gebeur as ons ‘n besliste standpunt in neem om God se Woord te volg. Ons dien nou – as mekaar se priesters en moet mekaar aanmoedig tot getrouheid aan God.
Inhoud:
A. Geneallogie (geslagsrigister) van Israel (1Kronieke1:1-9:44)
- Voorgeslagtevan Israel
- Die stamme van Israel
- Terugkeer uit Babilon
B. Dawid se Heerskappy. (1Kronieke10:1-29:30)
- Dawid word Koning oor die hele Israel.
- Dawid Bring die Ark Jerusalem toe.
- Dawid se Oorloë.
- Dawid se Voorbereidings vir die Bou van die Tempel.
Gehoor: Die Jode wat uit Babilon van ballingskap terug gekeer het.
Tydperk: 450-430 voor Christus geskryf. Dis die herskryf van gebeure met die volk Israel van die jare 1000-960 voor Christus.
