Lees saam met ons die Ou Testament

2 Konings

Betekenis: Die boek handel oor die konings wat Israel regeer het. (1 en 2 Konings was oorspronklik een boek.)

Skrywer: Onbekend, waarskynlik ‘n groep profete.

Doel: Die boek wys die gevolge wanneer jy God nie jou ware leier maak nie.

Tema:

  • Elisa – Die wonders wat deur Elisa gedoen is, is ‘n bewys van God se belangstelling in alles waarmee ons besig is.
  • Afgoddery – Sonde moet vermy word, sonde lei ons weg van God af. Dit verskuif ons fokus en word gode wat meer tyd en aandag as God kry in ons lewens. Ons moet sulke versoekinge weerstaan.
  • Goeie en Slegte konings – Geen konings van Israel en slegs ongeveer 20% van Juda se konings het gedoen wat reg was in God se oë. Die meerderheid is nie altyd reg nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid vir ons eie doen en late. Ons is self verantwoordelik om God en Sy woord te ken en te gehoorsaam.
  • God se Geduld – God het die volk baie geleenthede gegee om te luister en weg te draai van die verkeerde pad en om in Hom te glo. Iewers raak ons geleenthede op en dra ons die gevolge van ons ongehoorsaamheid en onwilligheid.
  • Oordeel – Die gevolge om God se riglyne en doel vir ons te verwerp is erenstig. Hy ignoreer nie verwerping (ongeloof) en rebellie nie. Ons moet glo in God en Jesus se opofferings en dood.

Inhoud:

A. Die Verdeelde Koninkryk (2Konings1:1-17:41)

  1. Elia en Elisa
  2. Konings van Israel en Juda
  3. Israel se ballingskap na Assirië

B. Die Oorlewende Koninkryk (2Konings18:1-25:30)

  1. Konings van Juda
  2. Juda se ballingskap na Babel

Gehoor: Die verdeelde koninkryk, Israel en Juda.

Tydperk: Saamgestel of opgeskryf ongeveer 560 tot 540 voor Christus.

Die jare waarin dit gebeur het, was ongeveer 753-586 voor Christus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *