1 Konings
Betekenis: Die boek handel oor die konings wat Israel regeer het. (1 en 2 Konings was oorspronklik een boek.)
Skrywer: Onbekend, waarskynlik ‘n groep profete.
Doel: Die kontras van die lewens van die wat lewe vir God en die wat weier om so te lewe deur die geskiedenis van die konings van Israel en Juda.
Tema:
- Leiers – Wysheid, mag en prestasie is van God. Mense kan nie uitstaande wees sonder God nie. Effektiwe leiers maak staat op God en gehoorsaam Hom.
- Die Tempel – ‘n Pragtige plek van aanbidding, beteken nie dat diep aanbidding gewaarborg is nie. God wil in ons harte woon, nie in ‘n gebou nie.
- Afgode – Afgodery lei tot koue harte, magsbeheptheid, seksuele verval. Ons word wat ons aanhang, (slawe van word).
- Profetiese Woord – Die Bybel, profetiese woord en waarheid moet met respek hanteer word. Moet dit nie ignoreer, weerspreek of verwerp nie.
- Sonde en bekering – Leiers kan wegdraai en bekeer van verkeerde weë, God hoor en vergewe ons wanneer ons Hom opreg vertrou.
Inhoud:
A. Die Verenigde Kononkryk (1Konings1:1-11:43)
- Salomo word koning
- Salomo se wysheid
- Salomo bou die tempel
- Salomo se rykdom, mag en val.
B. Die Verdeelde Koninkryke (1Konings12:1-22:53)
- Skeuring
- Konings van Israel en Juda
- Elia
- Verdere konings van Israel en Juda
Gehoor: Die nasie, Israel.
Tydperk: Van die dood van Dawid. Die begin van Salomo tot Jerobeam 2. ‘n Tydperk van ongeveer 970 – 853 voor Christus. Saamgestel of opgeskryf ongeveer 560 tot 540 voor Christus.
