Lees saam met ons die Ou Testament

2 Samuel

Betekenis: God het gehoor, God hoor of van God gevra.

Skrywer: Onbekend, vermoedelik Natan volgens 1Kon4:5, en ook Natan en Gad volgens 1Kronike29:29

Doel: 1) om die geskiedenis van Dawid se regering aan te teken. 2) om effektiewe leierskap onder God uit te wys. 3) om te bewys een persoon kan ‘n verskil maak. 4) om die karaktereienskappe wat God plesier te wys. 5) Dawid as ‘n goeie leier wat ook foute het.

Tema:

  • Koninkryk Groei – Israel het vinnig gegroei onder Dawid se leierskap. God voorsien altyd aan die wat Hom liefhet en Sy beginsels eerste stel. God se werk gedoen op God se manier, sal nie ‘n tekort aan wysheid en energie ervaar nie.
  • Persoonlike Sukses – Dawid se gewildheid en invloed in Israel het baie toegeneem. God se goedheid en guns was met hom en hy het dit gebruik om die volk op te lig en tot groot hoogtes te neem.
  • Geregtigheid – Dawid se lewe getuig van sy geloof, regverdigheid, goedheid en optredes wat reg is, soos teenoor Saul se familie en sy vyande. Dawid was egter nie perfek nie, maar die goeie dinge het hoop geskep vir ‘n hemelse koninkryk in Christus wat ewig geregtigheid sal bring.
  • Gevolge van Sonde – Dawid het sy plig as leier nie genoeg geag om saam met die manne te gaan veg nie. Dit het gelei tot verveeldheid en sonde. Versoekings is groter wanneer ons ons doel vergeet (fokus verloor). Sonde veroorsaak ‘n rippel-effek wat meer mense beinvloed as wat ons kan dink.
  • Getrouheid op alle vlakke – Dawid se lewe wys sy getrouheid op sekere vlakke van sy lewe, maar ook swakheid in ander gevalle. Sonde kan nie goed gekeer word nie, maar die sondaar moet ons meelewendheid en liefde ervaar en terwyl die sonde afgekeur word.

Inhoud:

A. Dawid se Suksesse (2Sam1:1-10:19)

  1. Dawid koning oor Juda
  2. Dawid Koning oor Israel
  3. Dawid oorwin die buurlande

B. Dawid se Probleme (2Sam11:1-24:25)

Gehoor: Die kinders van Israel

Tydperk: Ongeveer 930 voor Christus, na David aan bewind was en in die tyd wat Salomo aanbewind was is die boek geskryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *