Lees saam met ons die Ou Testament

1 Samuel

Betekenis: God het gehoor, God hoor of van God gevra.

Skrywer: Waarskynlik Samuel of hy het die inligting gegee, maar die profete Natan en Gad volgens 1Kronieke29:29 het vanaf 1Sam25 geskryf.

Doel: Om die lewe van Samuel weer te gee – Israel se laaste rigter; Die heerskappy en val van Saul die eerste koning; Die verkiesing en voorbereiding van Dawid as opvolger van Saul.

Temas:

  • Heerskappy – Priesters, rigters, koningskap – Israel se probleme kon nie deur menslike leiers opgelos word nie. God verlang opregte toewyding van elke persoon, hart en siel.
  • God as leier – Israel was voorspoedig solank hulle op God vertrou het.
  • Leierskap – God lei leiers, en hulle toegewydheid aan God bepaal hulle sukses in elke opsig van hulle lewens.
  • Gehoorsaamheid – Gehoorsaamheid is beter as offerhande (1Sam15:22) – God verlang volkome toewyding in alles.
  • God se getrouheid – God kom in liefde en genade al Sy beloftes aan Israel na, ook aan ons. Wanneer ons opstandig, rebels en ongehoorsaam is, nooi ons moeilikheid in ons lewens in.

Inhoud:

A. Eli en Samuel (1Sam1:1-7:17)

1.Samuel se geboorte, kinder jare en Eli se seuns.

B. Samuel en Saul (1Sam8:1-15:35)

  1. Saul word die koning van Israel
  2. God verwerp Saul se ongehoorsaamheid C. Saul en Dawid (1Sam16:1-31:13)

    Gehoor: Die Israeliete.

    Tydperk: Van Samuel se geboorte tot Saul se dood – ‘n tydperk van ongeveer 150 jaar. 1105 -1010 voor Christus.

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *