Lees saam met ons die Ou Testament

Rut

Betekenis: Vriend. Geestelik betekenis – Rut is ‘n simbool van blywende lojaliteit, toewyding en liefde.

Skrywer: Onbekend, moontlik ‘n priester. Oorlewering en tradisionele stories sê dis Samuel.

Doel: Verlossings verhaal van Boas wat Rut se losser word, dis ‘n prentjie van ons verlossing deur Jesus. Die boek is die verhaal van drie mense wat getrou bly in karakter, aanmekaar en God, selfs wanneer die gemeenskap (wêreld) om hulle verval.

Temas: Genade en verlossing is vir almal. Rut, was nie ‘n Jood nie, tog is sy deel van Jesus se geslagsrigister.

  • Getrouheid:- Rut se getrouheid aan Naomi is ‘n goeie voorbeeld van liefde, lojaliteit en getrouheid. Dis ‘n voorbeeld van God se getrouheid en liefde wat ons kan uitleef aan die om ons.
  • Goedheid:- Rut was goed vir Naomi, Boas was goed vir Rut tot voordeel van hulle al drie. Christus se liefde en goedheid het vir ons die prys betaal, sodat ons die ewige lewe kan hê.
  • Integriteit :- Rut se hoë morele waardes en lojaliteit aan Naomi, die aflê van haar land se gebruike en harde werk, getuig van haar integriteit. Boas se morele standaarde en eerlikheid en deurvoering op sy verbintenis, getuig ook van integriteit. Ons optrede behoort ook die integriteit van God se getrouheid en goedheid aan die wêreld te wys.
  • Beskerming:- Ons sien God se omgee en beskerming in Naomi en Rut se lewens. God het hulle veilig terug gebring Juda toe, sodat Sy doel vir hulle vervul kon word. Ons hoop is in God, Sy bronne en planne is hoër as wat ons kan bedink.
  • Seëninge:- Naomi en Rut was arm weduwees wat terug gegaan het na Betlehem toe. Hulle het nie net finansiële seëninge ervaar nie, maar ook in hulle verhoudings die seën van liefde en respek ontvang.

Inhoud:

  • Rut bly getrou aan Naomi – Rut1:1-22
  • Rut tel graan op van Boas se land – Rut2:1-23
  • Rut volg Naomi se raad – Rut3:1-18
  • Rut en Boas trou – Rut4:1-22

Gehoor: Die Israeliete

Tydperk: ‘n Tydperk van ongeveer 10 jaar, gedurende of na die tydperk van die rigters. Bronne verskill baie, met datums van 1375 tot 1035 voor Christus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *