Rigters
Betekenis: Leier, regeerder.
Skrywer: Priesters het die gebeure opgeskryf. Samuel het moonlik van die geskiedenis opgeteken.
Doel: Ontrouheid aan God is sonde en dit lei tot ellende, maar vergiffenis is beskikbaar en verhoudings met God kan herstel word.
Temas: Aan wie jy jou onderwerp, dié sal jy dien. (Rom6:16) God straf nie met ellende nie, maar as jy sonde saai, sal jy ellende oes. Rig17:6 – geen leiding – almal doen wat hulle wil en dwaal so weg van God.
- Agteruitgang en Toegewings maak – Wanneer rigters sterf het die volk moreel verval. Die wêreld het baie tydelike pryse wanneer ons toegewings (compromise) in ons geloof maak. Volg God se voorskrifte getrou en Hy sal jou beloon.
- Verval en Afvalligheid – Verval en afvalligheid kom wanneer ons enige iets hoër ag as God. Hou jou oë op Jesus (Hebr12:2), Hy het eerste reg op ons lewens en begeertes.
- Neerlaag en Onderdrukking – Ongehoorsaamheid aan God lei tot rebellie en verwoesting (gemors) en ons oes wat ons gesaai het.
- Berou – Beteken, sien jou sonde (fout), besluit om dit reg te stel en draai weg van dit af, terug na God toe.
- Redding en Helde – Telkens wat Israel berou getoon het en die verkeerde weg afgelê het, het God ‘n verlosser (held) gestuur.
Inhoud:
A. Verowering van die land (Rig1:1-3:6)
- Verowering van die land is onvolledig (1:1-1:36)
- Bokin, ongehoorsaamheid en neerlaag (2:1-5 – 3:6)
B. Redding en Rigters (Rig3:7-16:31)
- Otniël (3:7-7:11)
- Ehud en Samgar (3:12-31)
- Debora en Barak (4:1-5:31)
- Gideon (6:1-8:35)
- Abimelek (9:1-57)
- Tola, Jaïr en Jafta (10:1-12:7)
- Ibsan, Elon en Abdon (12:8-15)
- Simson (13:1-16:31)
C. Morele Verval van Israel (Rig17:1-21:25)
- Miga se Afgode – Stam van Dan. (17:1-18:3)
- Gebeure in Gibea, Oorlog teen Benjamin (19:1-21:25)
Gehoor: Die volk Israel.
Tydperk: Van Joshua se dood tot Samuel begin optree. Dis ‘n tydperk van 450jaar. (Hand13:17-20)
