Bekering
Saamgestel deur Petrus vd Merwe
Jesus vertel die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15 om bekering te verduidelik.
Die gelykenis is hoofsaaklik oor ongelowiges wat tot God bekeer, maar kan ook verstaan word met gelowiges wat weggedwaal het van God af.
Luk 15:11 Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad. 12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. 13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
- Ek lewe die lekker lewe wat die duiwelaan ons opdis. Lewe vir ek en myself.
Luk 15:14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.
- Die lekker gaan egter altyd verby en ʼn nood/behoefte ontstaan.
Luk 15:15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. 16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
- Dan begin die soeke na dit wat hierdie behoefte sal vul en niemand help ‘n ander in die normale wêreld nie.
Luk 15:17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!
- Hier vind die erkening plaas dat die lewe wat gelewe word verkeerd is.
Luk 15:18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
- Die volgende wat gebeur is om die besluit te neem om van rigting te verander.
Luk 15:20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
- Dit is egter net so belangrik dat die besluit uitgevoer word.
Luk 15:21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.
- As aardse Pa sou ons vir die kind goed geroskam het, maar God is liefde en maakons sy kinders sonder enige verwyt wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar.
Die drie punte van bekering:
- Erken fout – Recognition
- Maak die besluit om weg te draai – Make the decision
- Voer besluit uit – Take action
Definisie vir werklike bekering is die gewaarwording van die verkeerde om sonder Christus te lewe en ʼn drang om ʼn verhouding met God te vind soos Hy Homself in Jesus Christus vir ons openbaar.
Definition of true repentance is the awareness of the wrongness of living without Christ and a desire to found a vital relationship with God as He has revealed Himself to us in Jesus Christ.
Bekering kan in die volgende verdeel word:
- Bekering van ʼn ongelowige na ‘n Christen
- Bekering na ʼn Christen weggedwaal het van God en weer terugkeer na God toe.
Eerste – Die bekering van ‘n ongelowige:
Wanneer ons die lewe van die wêreld lewe, los van God, gaan daar ‘n tyd kom wanneer ons gaan begin soek na vervulling wat nie verstaan word en nie in die wêreldse lewe gevind kan word nie.
Die lewe is leeg, sinneloos en doelloos.
Saam met dit kom vertel die evolusioniste dat ons per ongeluk in die lewe is en geen doel het nie.
Ons gees soek egter na ‘n geestelike verhouding, want dit is soos God ons gemaak het.
Wat is die einde van hierdie soeke?
- Ons gaan dit soek in drank, dwelmiddels ens. wat op die uiteinde gaan eindig in dood wat selfmoord kan insluit of ons gaan tot ons eendag doodgaan ʼn lewe voer van selfsug, onmin, eensaamheid, swaarmoedigheid, ens. wat ook moontlik armmoede en voortdurende siektes kan meebring. ʼn Lewe in duisternis, selfs al het die boodskap van Jesus by ons uitgekom, maar ons het dit nie aangeneem nie.
- Ons gaan van God en Jesus vertel word deur iemand (saai saad) en die Heilige Gees gaan ons na Jesus lei om Hom te aanvaar as verlosser (die saad ontkiem en lewer vrug). ʼn Lewe in lig, wat vryheid gee en ʼn lewe van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. (Gal 5:22)
Die eerste uitkoms is vanselfsprekend, lewe in die duisternis en sterf in die duisternis – verwerp wetende of onwetende God se uitnodiging.
Die tweede uitkoms is ons ondervind die behoefte – need – en ons draai weg van ons huidige lewe na Jesus toe – ons bekeer ons – ons draai van die duisternis na die lig – met ons mond bely die Here Jesus en met ons hart glo ons dat God Hom uit die dode opgewek het.
Rom 10:9-10 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Die hoofsaak is Jesus en wat Hy vir ons gedoen het en ons erkening daarvan. Om “ die Here Jesus bely” is bekering.
Ons sondes wat vergewe word is outomaties en dit is nie nodig om elke sonde te onthou en vergewing daarvoor te vra nie.
Hand 3:19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
- Ons sien dat Paulus in Hand 17:22-34 met die Atheners praat en glad nie oor sonde of wat hulle verkeerd doen praat nie, maar hy vertel van God en Jesus en brekering v30-31.
- Mense gaan nie gered word, deur hulle te vertel hulle is sondig en gaan hel toe tensy hulle hulle bekeer nie, hulle gaan geafronteer word en hulle afsluit omdat gesê word hulle is sondig en doen sonde, maar vertel hulle van Jesus en bekering – draai weg van hierdie wêreld en sy probleme na Jesus om Sy verlosing van hierdie wêreld te ontvang en verder in die lig te lewe.
- Wanneer ons ons bekeer is dit uiters belangrik dat ons verder geleer word uit God se Woord – dissipelskap – en ondersteun word tot ons gevestig is in Jesus, want anders gaan ons steeds in die duisternis lewe.
Tweede – Bekering na ‘n Christen weggedwaal het:
Solank ons hier op aarde is, gaan ons iewers droogmaak – gaan ʼn begeerte wen.
Jak 1:13-14 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14 Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15 Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.
1Joh 1:8-9 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Hierdie is nie noodwendig growe sonde soos moord en aanranding nie, maar die meer dag tot dag ‘menslike dinge’ soos angs, skinder, kwaad word, onvergewinsgesindheid, ens.
Wanneer die Heilige Gees jou aanspreek deur God se Woord of jou gewete, is dit nodig om dit te erken Luk15:17, die besluit te neem om daarvan weg te draai, terug na Jesus toe Luk 15:18 en dit doelbewus te doen deur ander te vergewe of op te hou om dit wat verkeerd is te doen Luk 15:20.
Ons benodig ʼn lewe van bekering om altyd na God toe te wil draai – weg van die duiwel af.
Afsluiting:
Die drie punte van bekering:
- Erken fout – Recognition
- Maak die besluit om weg te draai – Make the decision
- Voer besluit uit – Take action
Baie belangrik:
Lees die hele Hebrews 10
Net inkort want hierdie kom weer voor in ʼn ander lesing – moenie negatief lewe met ‘n sonde bewustheid ( sin consciousness) deur in alles wat jy doen te wonder of jy nou sonde doen nie, die Woord van God sal jou lei (2Tim3:16-17) en ook die Heilige Gees wanneer jy verkeerd doen. Vergeet van die sonde dan sal jy ook nie sommer verkeerd doen nie – jou gedagtes beheer jou – wat jy aan dink sal jou lei – as Jesus altyd in jou gedagtes is en jou ID in Hom verstaan, sal jy outomaties reg optree. Maar as jy die heeltyd aan sonde dink gaan jy versoek word en daarin trap.
Om die heeltyd te probeer bepaal wat is sonde en nie sonde nie, is nie die vryheid wat ons deur Jesus ontvang het nie.
Heb 10:1 Die wet van Moses is slegs ‘n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie ‘n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vry maak nie. 2 As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.
Jesus was die offer vir ons sonde – vir eens en altyd.
Luk 15:32 Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.
Moenie ongelukkig voel wanneer iemand, wat jou te-nagekom het, en Jesus aangeneem het en dus nou ook vergewe en gered is nie. Wees baie bly daaroor en ook oor ander wat gered word.
* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*
