Karakter van God

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Is God kwaad? Straf God ons?

Of is God liefde, lig, waarheid, seëninge?

Waarom dink ons God is kwaai?

Waarom het ons teenstellende beelde van God wat goed en kwaai is?

Ons is na God se beeld geskape wat gees is.

Nadat sonde in die wêreld gekom het, het die mens verander.

Die mens se karakter het verander, want hy het nie meer in God se liefdesomgewing geleef nie. Adam het die verhouding met God verloor.

Hulle kon God nog hoor, maar vertroue was geskok en die verhouding het gely.

Die mens het nou vanuit sy sintuie of vlees  (sense/flesh) gelewe, (sien, hoor, proe, voel, tas/aanraak), dit is vanaf sy ervaringskennis (experience knowledge) en nie meer uit sy gees nie.

In die Ou Testament het mense geen geestelike persepsie of insig gehad nie. Die Gees in ons oortuig ons van dit wat verkeerd is, maar ons leef in die Nuwe Verbond! (covenant)

Die wet was bedoel om ‘n standaard daar te stel sodat Israel kon weet wat reg is en dit is so deur Isreal aanvaar. En straf was die gevolg as dit nie gehoorsaam was  nie.

Dit het by ons ‘n vals persepsie gelaat dat God ons nie lief het nie. Die Woord vertel ons egter dat God omgee en ons lief het.

Rom 5:13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.

In Genesis het God Adam en Eva uit die tuin gestuur sodat hulle  nie van die boom van lewe sou eet en ons almal dan vir ewig en ewig met ‘n sondige natuur sou bly voort leef nie. Hy was nie kwaad nie, Hy het hulle en ons beskerm.

Na die wet gegee is, het God die sondige-natuur hanteer deur seën en vervloeking, Deut 28:1-68  die eerste 14 verse is die seëninge en die res is vloeke (curses) en die Israeliete het daartoe ingestem om volgens die wet te leef.

Ex19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.

Num 15:32-36 vertel van die man wat op die Sabbat houtjies opgetel het en gestenig is daaroor, dit klink baie wreed en selfs onregverdig, maar sonde was baie erg in die wêreld en God het ‘n standaard daar gestel om Sy volk te beskerm teen die wêreld se geweld en sonde. Die wet is aan Israel gegee en soos bo genoem, het die Israeliete ingestem om daar volgens te leef. God was nie kwaad of wreed nie, Hy het hulle by die ooreenkoms se voorwaardes gehou.

Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

God het Sy belofte van Gen 3:15 gehou –

Hy is getrou en het Jesus gegee, om ons van ons sonde en die gevolge te verlos.

Jesus het herstel wat Adam verloor het, sodat ons weer in verhouding met God deur die Heilige Gees kan staan.

En ons het gesien dat ‘n gebrek aan kennis ons vertroue in verhoudings benadeel en  negatief beïnvloed, dieselfde met God.

Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Maar ons sukkel en kry swaar en is bygelowig want ons is onkundig en onverskillig, ons ken nie God se Woord soos ons moet nie.

Deut 11:18-19 Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, 19 en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;

God is dieselfde – God verander nie.  Mal 3:6; Num 23:19;  

Neh 9 Lees ons hoe God Sy volk oor baie jare hanteer het en hoe sondig hulle gehandel het.

Neh 9:17b ….. Maar U is ‘n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.

Op verskeie plekke in die Bybel sien ons God se goedheid, veral in die Psalms.

Ef 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Ons wedergebore posisie  het ons verhouding verander na die van kinders van God.

Sien ook; Joh 1:12  1Joh 3:1

Rom8:16  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

God is lig en goed — en nie duisternis – sondige of verkeerde dinge nie

1Joh 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

God is Liefde

Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  

God is liefde en God se liefdes-aksie is om te gee –  Hy het Sy Seun gee.

Sy liefdes-houding (attitude) is om te vergewe – sodat ons nie verlore gaan nie maar die ewige lewe saam met Jesus kan kry.

Rom 5:6&8 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

God is Liefde  – dis Sy ware karakter. Ons sien baie van God se liefde in al die boeke van Johannes, maar veral in 1Joh 4

1Joh 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Die Nuwe verbond het die oue vervang en ons leef in die nuwe verbond met beter reëls!

God is good all the time All the time God is good!

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*