Geregtigheid deur Genade
Saamgestel deur Petrus vd Merwe
Wat is Geregtigheid / Righteousness?
Dit is belangrik dat jy presies verstaan wat geregtigheid deur genade is, want dan sal jy vry wees van baie laste wat ons in ons sondige aard saam met ons dra.
Daar is twee soorte geregtigheid:
- Die menslike geregtigheid – jou heel beste poging om alles 100% reg te doen – Moseswette / 10 gebooie, kan jy dit nakom?
Jak 2:10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
Dit is onmoontlik om geregtig voor God te staan deur jou eie pogings.
- God se geregtigheid – jy benodig geregtigheid wat gelyk is aan die geregtigheid van God, wat nodig is om voor God skoon te kan staan van enige sonde.
God is egter goed vir ons en daarom het hy Jesus gestuur om die wet namens ons op aarde na te kom en te sterf vir ons sonde.
Rom 3:21-24 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, [22] die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; [23] want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, [24] en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
Hoe kry ons God se geregtigheid?
Rom 3:24 deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is
Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
Nou kom ons bietjie by die prakties.
Hou op om te probeer dink of uitwerk wat is sonde en wat is nie.
Dit gaan geen verskil maak of jy regverdig voor God staan of nie.
Tit 3:4-7 Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het— [5] nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees [6] wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; [7] sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
God kyk nie hoe goed ons is nie. Hy het ons lief net soos ons is.
Joh 3:16-18 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [17] Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
God het elke persoon op aarde lief
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad
Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
Joh 3:17-18 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. [18] Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
God het klaar die sonde van almal op aarde vergewe deur Jesus Christus.
Diè wat veroordeel word, word nie veroordeel oor hulle sonde nie, maar omdat hulle nie glo in Jesus Christus nie. Wat Jesus gedoen het, is soos om ‘n geskenk te ontvang, maar jy maak dit nie oop nie. Jy het geen nut daarvan tot jy dit oopmaak en gebruik nie. Jesus het die prys betaal, aanvaar wat Hy gedoen het vir jou dis ‘n keuse wat jy moet maak.
God leer ons om die wêreld teen te staan, maar dit maak ons nie geregtig voor God nie.
Tit 2:11-14 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn [12] en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, [13] terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, [14] wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.
Daar is egter goeie werke wat vanaf ons moet kom, nie werke om gered te word nie maar werke uit liefde en dankbaarheid wat Jesus vir ons gedoen het.
Jak 2:17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
Jak 2:26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
1Tes 1:2-3 Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede [3] en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,
Christene of navolgers van Jesus Christus se werk wat hulle op aarde gedoen het, sal geoordeel word.
1Kor 3:10-15 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. [11] Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. [12] En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— [13] elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. [14] As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; [15] as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Afsluiting:
2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Deur Jesus staan ons geregverdig voor God.
Rom 5:1-2 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; [2] deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
Ons is regverdig deur die genade van God.
Fil 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. [7] En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Ons ontvang die vrede van God wat ongeken is vir die mense.
Maak die volgende jou eie en gedenk dit elke keer wanneer jy nagmaal gebruik:
- Na jy Jesus as jou verlosser aanvaar het, sien jouself as regverdig voor God ongeag van jou verlede of hede.
- Vind die vrede van God.
* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*
