Redding deur Genade
Saamgestel deur Petrus vd Merwe
Wat beteken die woord ‛Redding’?
Waarvan word ons gered deur Jesus?
Die gelykenis van die Fariseër en die Tollenaar Lukas 18
Luk 18:10-14 (10)Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. (11) En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. (12) Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. (13) En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! (14) Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.
Fariseër se gebed gaan oor homself, hoe goed hy is, wat hy alles doen en beter is as ander. Daarom is hy veilig volgens hom in God se oë.
Tollenaar is nederig en vra God om hom te vergewe vir al sy sondes.
Vers 14 sê Jesus die een wat nederig was het God aanvaar en die een wat vol van homself was en neergekyk het op ander is deur God verwerp.
Wanneer is jy verlore of al is jy gered maar tog steeds verlore?
- Jy het ‘n skuldgevoel – You having guilt – verdeel in:
- Skuldbewustheid – sin consciencness – Alles wat jy doen of dink vra jy jouself is dit sonde of nie – hou jou fokus op die sonde.
- Veroordeling – Condemnation – Jy veroordeel jouself en ander – jy is nie goed vir enige iets nie – al die ander mense doen alles verkeerd in jou oë.
- Vrees – Fear – Jy vrees alles en het ‘n vrees oor alles, jy vrees God wat jy sien as regter oor alles wat jy doen. Jy vra altyd doen jy ‘n ding reg, lewe jy reg, gaan God jou gestraf oor wat jy doen of gedoen het? – Jy vrees die lewe – jy gaan siek word, alles word duurder en jou geld gaan opraak, jy gaan deurloop onder misdaad, ens.
- Jy is selfvoldaan / eiegeregtig – die Fariseër – Jy werksingestel / works conscience om gered te kan word – jy lewe wetties / legalistic ʼn lewe volgens wette wat uit die Ou Testament kom en wat jy vir jouself opgelê het – jy is egosentries / egocentric ʼn lewe waar net vir jouself lewe en niemand anders belangrik is nie.
- Jy lewe die sondige wêrelds-lewe / living in your flesh – jy is of het weer so verhard teen die werking van die Heilige Gees dat jy net aangaan met jou wêreldse-lewe.
Terug na die vrae:
Wat beteken die woord redding?
Waarvan word ons gered deur Jesus?
God vergewe jou sonde en jy word gered van jou skuldgevoelens, selfvoldaanheid en venietigende wêreldse-lewe.
Wat is Genade? Grace
Efs 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Jy word gered deur genade wanneer jy glo Jesus het vir jou sonde gesterf en is weer uit die dood opgewek deur God. (Rom 10:9)
Dit is ‘n geskenk van God wat jy ontvang en jy aanvaar dit wanneer jy dit glo.
God gee jou die geskenk, en deur te glo maak jy die geskenk oop
Jy kan nie iets self doen om gered te word nie behalwe om in God te glo.
Rom 4:3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Definisie van Genade
Grace is God’s provision for man’s need
Genade is God se voorsiening vir die mens se nood / behoefte.
Genade voorsien leering, versorging, gesongheid, geregtigheid, ens. maw vir elke behoefte wat die mens mag hê
In Jesaja 55:1 sien ons ‘n skadubleed van redding
Jes 55:1 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
Hierdie vergelyk met ons wat redding van God ontvang as ‘n geskenk (koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk) omdat ons niks kan aanbied nie (wie nie geld het nie).
In Opsomming – Wat is redding deur genade?
- God het Jesus aarde toe gestuur om aan die kruis vir ons sonde te sterf en weer uit die dood op te staan.
- God bied hierdie as ‘n geskenk vir ons aan wat ons net moet aanvaar deur te glo, want as mens kan ons niks verder doen om gered te word nie.
* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*
