Wat Om Te Doen Wanneer Jy Nie Gebedsverhoring Ervaar Nie

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Mat 7:7-8  Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8  want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Mat 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? (ANV)

God is goed, soos ons ook in vorige lesse gesien het. God het Sy Seun opgeoffer ter wille van ons. Daar is dus geen rede dat God nie vir ons wil gee wat vir ons goed is nie.

Gebedsverhoring is ‘n belofte van God.

Hoekom ervaar ons dit dan nie met elke gebed nie?

Hoekom word mede gelowiges vir wie ons bid nie gesond nie?

Dis tog nie ‘n selfsugtige gebed nie?

Is daar iets wat ons mis of nie verstaan nie?

Hoe vra ons volgens God se wil?

Wat is God se wil?

God begeer, dat ons gesond en voorspoedig sal wees in elke opsig van ons lewe.

Hy het vir ons alles wat ons nodig het reeds gegee en dit in oorvloed. Joh10:10

Joh 4:24  God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.

God is Gees en werk in die geestelike realm. Ons geloof is die brug wat ons uit die fisiese wêreld in kontak bring met die geestelike wêreld.

Heb 11:1  Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Glo dit, wees oortuig in jou gemoed / gedagtes en spreek dit!

  1. Hindernisse van ons Gebede
    1. Ongeloof:-

Ongeloof en twyfel se oorsprong spruit  gewoonlik uit ons ondervinding.

Ons het teleurstelling ondervinding, dit knaag aan ons geloof en breek dit af. 

  • Onvolledige Kennis:-

Ons word ook verkeerd geleer.

Verkeerde leerstellings en halwe waarhede laat ons twyfel, want ons kennis en ons ondervindinge stem nie ooreen nie, dis ongeag of ons kennis  swak of goed is, van God en Sy Woord.

Dis ‘n aanslag van die duiwel wat ons laat twyfel. Verkeerd (bid):-

  • Ons vra verkeerd, bv. dit wat God reeds tot ons beskikking gestel het deur Jesus. God kan nie vir ons gee wat Hy reeds gegee het nie, ons moet dus weet wat is ons sin en dit glo, dan ons outoriteit opneem en dit aktiveer wat reeds tot ons beskikking is.
  • Ons gesindheid is verkeerd.

Jak 4:1-3  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3  As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. (ANV)

Jakobus praat hier van gesindhede; eie geregtig, selfsug, woede, begeertes, nyd, jaloesie, rusie en moord, bid nie en bid uit selfsug, wat alles redes is hoekom ons gebede nie verhoor word nie.

  • Geestelike en Fisiese Hindernisse:-
  • Geestelike Hindernisse sien ons in

Dan 9:23  Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar ‘n antwoord gegee, en ek het gekom om dit vir jou te vertel, want God het jou lief. Gee dus ag op wat ek sê, sodat jy die visioen kan verstaan.

Daniël Het gebid en die gebed is gou geantwoord, maar in Daniël 10:13 neem dit drie weke.

Dan 10:13  Die engel van die Persiese Ryk het my een en twintig dae lank teruggehou, maar toe het Migael, een van die vernaamste engele, my te hulp gekom en ek was nie meer nodig teen die Persiese konings nie.

Hier word na die duiwel en sy ryk verwys, nie ‘n aardse koningkryk nie.

  • Fisiese hindernisse:-

God gebruik meestal mense, om mense te help, dit beteken ons moet gehoorsaam wat God vir ons sê om te doen.

Dit gebeur egter nie altyd nie, want ons ‘hoor’ nie altyd wat God sê nie, of ons twyfel of dit God is wat dit sê en voel ook nog geintemideerd oor wat ons moet doen, of ons ontbreek die selfvertroue om dit te doen.

  • God se wil:-

Ons ken nie God se wil vir ons nie of twyfel in God se wil vir ons. 

Ons benodig ‘n dieper kennis van God se Woord.

  • Gee:-

Gee ons en hoe gee ons?

Gee ons net wanneer ons gevra word, met voorbehoud, of gee ons vrywillig en gereeld?

Wat is ons gesindheid waarmee ons gee?

Gee ons op die regte plekke, is daar verantwoordbaarheid en eerlikheid (accountabillity and honesty)?

Vertrou ons God genoeg om te gee?

Is jy dankbaar vir jou inkomste?

Seën jy jou inkomste?

  • Gebed:-

Bid jy, vra jy vir God, as jy nie vra nie sal jy nie kry nie.

Bid jy vir die omstandighede en dat niks die vloei sal belemmer nie, soos ons gesien het in Daniël se geval?

Bid ook, veral as jy finansies benodig, vir die seën op jou inkomste en jou beleggings en ook vir die persone wat vir jou inkomste verantwoordelik is, bv. jou werkgewer of besigheid se vooruitgang of vir jou huurder.

1Pet 3:7  Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Ek dink dit geld almal van ons, nie net die mans nie.

  • Geestelike Beginsels in Verband met Gebed. (Spiritual Principals)(Die praktiese hoe)

Heb 6:12  Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het. (ANV)

  1. Glo:- teenoor Ongeloof

Glo en verwag dat dit sal gebeur.

Dikwels bid ons omdat dit ís wat ons moet doen, dit raak ‘n ritueel en dan bid ons, maar glo nie dat ons dit sal ontvang nie.

Bid in geloof en glo dan in afwagting!

Bid doelgerig en opreg.

Mar 11:24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al (reeds) ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (ANV)

Mat7:7-8 Die gedeelte waarmee ons begin het.

  • Ken God:- teenoor Onvolledige kennis

Ons gebrek aan kennis van God se karakter en Sy Woord pootjie ons.

Bou jou kennis van God en Sy Woord en ontwikkel jou persoonlike verhouding deur elke dag meer en meer van Sy Woord te leer.

Hos 4:6  My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp Ek jou as my priester. Omdat jy die wil van jou God verontagsaam het, verontagsaam Ek die priesters wat onder jou dien. (ANV)

  1. Slegte Goed is nie van God af nie:-

God wil net die beste vir ons hê, Hy het Sy Seun vir ons opgeoffer. (ook nie alles wat aanvanklik goed lyk is van God nie)

Mat7:11 Gedeelte waarmee begin is. ‘…. hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?’ (ANV)

  1. Ken jou Doel en jou Regte in God se Koninkryk:- teenoor gebrekkige kennis

Mar 16:17-18  Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; 18  met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.(ANV)

Jy het outoriteit waarvoor Jesus ‘n baie hoë prys betaal het, gebruik dit.

Jy het die Naam van Jesus om te gebruik teen aanslae van die bose.

Bly in God se wil en plan vir jou.

God het in Eden vir ons alles gegee wat ons nodig gehad het. Jesus het dit wat Adam verloor het, met Sy kosbare bloed terug gekoop, sodat ons regte het en oorwinnaars in Christus kan wees.

1Kor 15:57  Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.(ANV)

  1. c)Ken God se Wil vir Jou:-

God se basiese wil vir almal is, dat ons in liefde sal leef en laat leef.

Joh 13:34  Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. (ANV)

As ons dus bid, moet ons nie in selfsug en tot eie voordeel bid nie, maar in agapé liefde. (Liefde tot voordeel van ander)

Spreek God se wil oor jou lewe en Hy sal jou begeertes gee wat van Hom af kom.

Psa 37:4  Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. (ANV)

  • Geestelike en fisiese kanale:- teenoor Hindernisse
    • Geestelike kanale:- is ons geloof, kennis van God, loof en prys God drie-eenheid; (God, Jesus en Heilige Gees.)

Leer om God te hoor en te weet wanneer dit jou eie gedagtes is en wanneer is dit die Heilige Gees wat praat, ken die stem!

Heilige Gees sal nie teen God se Woord praat nie.

Joh 10:3  Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

Kyk ook na Geestelike Wapenrusting Ef6:10-20

  1. Fisiese kanale is ons, ons moet gehoorsaam wees aan God en doen wat Hy ons vra om te doen.

Joh 15:16-17  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. 17  Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

  • Gee:- uit die hart teenoor verpligting of glad nie.

Luk 6:38  Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.(ANV)

Gee het voordele, dit bring vreugde en seëninge. Hoeveel en met wat se gesindheid ons gee is belangrik.

Die gesindheid waarmee ons gee is baie belangrik.

Ons is geseën om ‘n seëning te wees, nie om te kry nie. Gen12:2

2Kor 9:7  Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid (teensin) of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. (AOV)

  • Bid (vra):- in geloof teenoor bid in onsekerheid en twyfel.

Kol 1:9-11  Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10  sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11  Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

Bid vir kanale om oop te wees en sonder hindernisse sal wees.

Bid vir die bronne van jou inkomste en seën jou inkomste.

Bid vir Goddelike  ontmoetings en verbintenisse, en ook vir verhoudings.

Geheime  tot verhoorde gebede:

  • Toenemende kennis van God gedurig deur – kry openbaringe van God se wil en doel.
  • Staan in geloof – sien die onsienbare in die gees met jou geestelike oë. Sien geen te kort nie, maar oorvloed in elke area van jou lewe.
  • Bou konstant aan jou verhouding met God en jou begeerte om nader aan Hom te wees en om God te hoor.

Joh 15:7-17  som dit so op:

Joh 15:7-17  As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. (Om in God te bly beteken ons moet God se Woord ken en uit leef.)

 8  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. (leef Jesus se liefde en bly in Sy liefde)

9  Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad (Ons is geliefd, glo en aanvaar jy is geliefde en leef in Sy liefde). Bly in hierdie liefde van My.

10  As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

11  Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word. (blydskap is ons deel wanneer ons in Hom bly)

12  Dit is my gebod, (dis wat ons moet doen) dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. (Agapé liefde offer op, dis ‘n gee liefde)

14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

15  Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. (verhouding bring groter kennis, openbaringe en insig)

16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly (geloof dra vrugte wat ewigheidswaarde het) , sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. (geloof en vertroue word sigbaar)

17  Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê. (AOV)

WAT OM TE DOEN WANNEER JY NIE GEBEDSVERHORING ERVAAR NIE?

  • Gaan deur jou dag en let op jou houding en ingesteldheid oor jou omstandighede, volgens dit wat ons behandel het.
  • Verklaar jou posisie in God se koningkryk en jou regte, jou outoriteit; spreek jou erfdeel uit en neem jou erfdeel in besit, neem eienaarskap daarvan. (posses you inheritance)