God se Soort Liefde

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Dis baie belangrik om God se liefde te verstaan en te aanvaar.

Wanneer ons nie God se liefde verstaan nie, sal ons Hom nie vertrou nie en ook nie Sy liefde kan aanvaar nie.

Dit sal veroorsaak dat ons sal sukkel om in ‘n verhouding met God te wees.

God se Liefde is nie wat ons verstaan in allerdaagse gebruik van die woord liefde nie!

Mense het deesdae alles lief, God drie-eenheid, ons kinders, ons maat, vriende, die hond, die natuur en selfs kos, soos ‘n skaap tjoppie, vrugte en roomys en sjokelade.

Daarby het ons net een woord wat ons gebruik om liefde te beskryf. 

Die wêreld het deur films en sepies so ‘n vals prentjie van liefde geteken en dit so baie dinge gemaak dat ons sukkel om ‘n goeie begrip van God se perfekte liefde en omgee te vorm.

Die wêreld se liefdesprentjies saai twyfel in verhoudings en is radikaal verskillend van God se liefde.

In Grieks is daar so iets soos 8 verskillende woorde wat liefde beskryf.

Ek gaan 4 van die woorde beskryf. Naamlik; Agape [ag-ha-pay], Phileo[fil-eh’-o], Storge, en Eros.

Eros:- is erotiese of seksuele aantreklikheid en ‘n romantiese liefde.

Die liefde is dikwels selfgesentreerd en is nie ewigdurend of volhoubaar nie, maw dis nie standhoudend nie.

Dit is ‘n liggamlike liefde.

God het dit bedoel vir die huwelik tussen ‘n man en vrou. Tussen hakkies mens het al 4 die liefdes nodig in ‘n huwelik.

Storge:- is ‘n natuurlike band-liefde of familie-liefde soos in ouer kind verhoudings.

Dis ‘n liefde wat verantwoordelikheid en plig navore bring.

Storge en phileo is saam gebruik in ‘n samevoeging in Rom12:10  (kom net 1 maal so voor in die Bybel)

Strong verklaring: From G5384 philostorgos and στοργή storgē (cherishing one’s kindred, especially parents or children); fond of natural relatives, that is, fraternal towards fellow Christians: – kindly affectioned.

Phileo [fil-eh’-o]:-  hierdie liefde kan wissel in intensiteit en is gebaseer op gevoelens.  

Dis ‘n broederlike liefde, tussen mense met dieselfde belange en leef style.

Dit verenig dus gelowiges en is die algemeenste in die Bybel.

Net vir interresantheid, Philadelphia se naam is van phileo afgelei.

Rom 12:10  wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde;

G5384 phileo; to be a friend to (fond of [an individual or an object]), that is, have affection for (denoting personal attachment, as a matter of sentiment or feeling;

Agape [ag-ha-pay]:- dis God se liefde. Die woord agape is in KJV Engelse ‘charity’.

Dis ‘n opofferende of ‘n gee liefde wat ook vergewende is.

Of beter gestel God se liefde is ‘n gee liefde en Sy ingesteldheid is vergewend.

Joh 13:34-35  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.  

Strong se verklaring vir agape = love, that is, affection or benevolence (liefdadigheid); specifically (plural) a love feast: – (feast of) charity ([-ably]), dear, love.

God se agape-liefde is:

Agape-liefde is onvoorwaardelik, opofferend, suiwer en perfek.

Agape-liefde soek nie eie belange nie, en is ‘n Geestelike liefde, wat die menslike element van gebrek en tekortkoming uitsny.

In God se agape-liefde is daar geen voorwaardes nie, daar is nie ‘n, ‘maar as dit…’ of ‘dat …’ nie.

  • Gee en vergeef:

Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (AOV)

Kol 2:13  En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

Ja, God het Sy Seun gegee vir ons verlossing en het ook nog ons sondes vergewe.

  • Onafskeidbaar:

Niks kan ons skei van God se liefde nie, nie eers die sondeval kon nie.

Niks wat ons doen, sal God se liefde vir ons verander nie, nie goed of kwaad nie. Dit getuig van God se standvastigheid.

Rom 8:38-39  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge 39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

  • God is vir ons:

God het ons lief en begeer net die beste vir ons, Hy het goeie planne (Jer29:11)vir ons.

Rom 8:31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

  • God is liefde en bly in ons:

1Jn 4:16  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Jesus het belowe dat Hy vir ons ‘n trooster stuur en ons het Heilge Gees ontvang wat in ons bly.

Dis God se liefde en genade wat in ons kom woon het.

  • God se liefde laat ons vreesloos:

1Jn 4:18  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Mediteer oor die vers. Die vers saam met die lied ‘I am no longer a slave of fear’ het die begrip vir my werklikheid gemaak.

Daar is niks om oor te bekommer of om oor angstig te wees nie.

Hy sorg vir ons in elke opsig, soos vir die voëls, tot ons hare is getel!

Wanneer ons vrees of bekommer,

gee dit te kenne dat ons dink God is nie instaat om vir ons te sorg nie, en dat God nie ons probleme kan hanteer nie.

Dit is om buite God se wil te wees.

Praat met die berg en vertel hom hoe groot jou God is, moenie vir God vertel hoe groot jou probleem in nie. Vertel vir die duiwel wie is baas in jou lewe!

  • Vrug van die Gees = God se karaktertrekke:

Gal 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Deur Heilige Gees in ons vloei God se karaktertrekke of vrug van die Gees deur ons na mense toe.

God se genade

Wat is genade?

God se onverdiende goedgunstigheid aan ons, wat ons in Sy guns plaas en tot ons voordeelstrek.

Joh 1:17  Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Om vryheid en geregtigheid in Christus te ervaar is alles God se genade!

Rom 3:24  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Hoe kan ons lief hê soos God?

  • Met hart, siel en verstand

Mat 22:37-40 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. 38 Dit is die eerste en groot gebod. 39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 40  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

As ons self nie lief het nie, hoe gaan ons iemand anders lief hê. God maak net goeie goed!

Mat 7:12 sê dit so

Mat 7:12  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Ons kan slegs dit regkry om aan ander te doen wat ons graag wil hê,

wanneer ons nuut gebore is in Christus.

Ons sal dit nie regkry deur ons menslike natuur nie. Wanneer ons uit ons nuut gebore gees optree, met ander woorde, deur  die Gees,

kan ons agape-liefde toepas oral waar ons gaan.

Jesus demonstreer agape-liefde vir ons.

Joh 15:12  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Ons is Sy vriende wanneer ons in Hom glo.

  • Vergiffenis

Terwyl Hy op die kruis is sê Jesus vergewe hulle.

Luk 23:34  En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. ….

God het ons vergewe uit Sy alles-om-vattende liefde en ons het ook die moontlikheid om te vergewe in ons, deur die krag van Heilige Gees.

Ons moet lewe op God se vlak van liefde en vergiffenis – in die Gees.

Hy het ons lief en het ons ontsaglik baie vergewe, dus ons kan mense ook vergewe,

dis in elk geval net tot jou eie voordeel.

En dis ‘n wilsbesluit.

Rom 4:7  Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.

  • Aksie – doen

Agape is ‘n aksie woord.

Ons bewys ons liefde deur ons aksies –

1Joh 3:18  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (AOV)

Agape-liefde soek mense se welsyn en voordeel en is  goedgesind teenoor mense. (Kyk gerus na al die mekaar opdragte.)

  • God se liefde gee ons ook krag

Die krag van God se liefde raak mense se behoeftes aan deur genesing, wonders, profesië en verlossing van sonde en gelowiges se God-gegewe-liefde wat deur hulle vloei.

1Kor 14:1  Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. (AOV)

Nog ‘n Skrifgedeelte wat ons agape-liefde wys is

1Kor 13:1-9  Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde  (agape uitspraak [ag-ha-pay]) nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. 2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 4  Die liefde (jou naam) is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde (jou naam)praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 8  Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. 9  Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. (AOV)

Kom ons lees weer van vers 4 af en toets jou agape so: vervang van vers 4 af tot vers 6  elke keer die woorde ‘die liefde’ met jou naam.

Ons sien hier hoe belangrik jou ingesteldheid of houding is.

God is liefde, en will ‘n verhouding met Sy kinders hê, ons is volmaak in Sy agape-liefde.

 1Joh 4:8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.(AOV)

1Joh 4:19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. (AOV)

God se liefde en seën is altyd oor ons en bedek en beskerm ons deurentyd.