Vergewe jou naaste

Saamgestel deur Petrus vd Merwe

Waar begin vergifnis?

Vanaf die sondeval. Alles wat deur God gemaak was, was goed. Die mens het egter nie na God geluister nie en gesondig. Van daardie oomblik af is vergifnis gebore want almal maak droog en benodig vergifnis van God en ander mense.

Ons sien regdeur die Ou Testament dat God altyd gereed was om te vergewe en terug te verwelkom wanneer die mens droog gemaak het.

God het dan ook Jesus aarde toegestuur om te kom regmaak wat die mens verkeerd gedoen het en sodoende almal vir eens en altyd te vergewe vir hulle sonde.

Eph 4:32  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Verlede tyd – God het ons klaar finaal deur Christus vergewe.

Wat leer God ons verder oor ons en vergewing?

Wanneer ons na die ‛Onse Vader’ kyk –

Mat 6:12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Jesus se woorde terwyl Hy aan die kruis gehang het –

Luk 23:34  En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Stefanus se woorde terwyl die Jode hom gestenig het –

Act 7:60  Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!

Paulus of nog Saulus op daardie stadium was deel van die groep en wat het later met hom gebeur en wat het hy alles gedoen. Jesus het ingegryp en hom omgedraai sodat hy God gedien het.

Die persoon wat ons te na kom, hoe weet ons wat gaan nog met die persoon gebeur en wat gaan hy nog alles vir God doen?

Hoeveel keer moet ons iemand vergewe?

Die antwoord is in wat Jesus vir Petrus in Mat 18:21-22 gesê het –

Mat 18:21-22  Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” [22]  Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.

Wat Jesus eintlik sê is, ons moet altyd vergewe sonder voorbehoud.

Vergifnis kom uit die hart.

Gewone mense wat nie vir God en Jesus ken nie, kan nie vergewe nie. Ons sien dit elke dag in die samelewing.

Wanneer ons weer gebore word met aanvaarding dat Jesus ons verlosser is, dan ontvang ons die vrug van die Heilige Gees –

Gal 5:2223  Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Hierdie vrug kom uit ons hart en ons sal nie enige van hierdie uitlewe as ons nie almal wat ons te na gekom het vergewe nie, of steeds te na kom vergewe nie, dit word ook onderstreep in – 

Kol 3:13  Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Vergifnis is ʼn besluit wat jy neem om te doen, anders gaan die eie ek wen.

Vergifnis is ʼn aksie.

Ons sien uit Kol 3:13 die aksie wat nodig is – Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar

Eerste, bid jy vir die persoon wat jy moet vergewe – jy kan nie ʼn persoon haat vir wie jy bid nie.

Gaan na God toe en vra Sy hulp om die persoon te vergewe en dit gaan moontlik meer as eenkeer wees, want die duiwel gaan jou steeds gereeld herinner wat die persoon verkeerd gedoen het.

Wanneer jy vergewe.

Dan ervaar jy die vrug van die Heilige Gees in jou lewe.

Jy ontvang vryheid en ʼn lewe van oorvloed.

Niemand kan altyd met haat in jou lewe loop en gelukkig wees nie.

Wanneer jy nie vergewe nie.

Dan plaas jy jouself bo God – Hy het jou klaar van al jou sondes en die persoon wat jy moet vergewe, vergewe en jy dink jy is belangriker as God om nie die persoon te wil vergewe nie.

2Co 5:19  Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

Jy gaan nie jou redding (salvation) verloor nie, God het jou klaar vergewe (Ef 4:32).

Wat gaan gebeur is dat jy nooit vrede gaan hê nie en dit gaan aan jou kou.

Jy is oop vir die duiwel en jy gaan heel moontlik siek word daardeur, ens.

Afsluiting.

  • Wanneer iemand jou te na kom het jy ʼn keuse, vergewe die persoon en geniet ʼn rustige lewe of dra ʼn wrok teen die persoon en die duiwel vat ʼn gelukkig lewe en vreugde van jou weg.
  • Onvergewingsgesindheid is soos gif vir jou siel en liggaam.
  • Om nie ʼn persoon te vergewe nie doen niks aan die persoon nie, dit vernietig net jouself. Jy drink gif en glo die ander persoon gaan dood.