Struikelblokke vir Genesing

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Waarom sien ons nie genesing wanneer ons dit verwag nie?

Wat keer genesing?

God is getrou, Hy het voorsien,

Hy doen wat Hy belowe het!

1Pe 2:24  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.  Ook Jes53:3-5

A. God se Liefde

Vertroue en geloof is kardinaal in genesing.

Om volle vertoue en geloof te besit moet ons God verstaan. Hy is liefde.

1Jn 4:8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

Toe die sondeval plaasvind, het Hy belowe om vir ons ‘n verlosser te stuur, en

Hy het Sy belofte nagekom.

God het ons só lief, Hy het Jesus,

Sy Seun, vir ons gegee.

Hy het Sy Seun laat offer vir ons, op ‘n vervloekte houtkruis.

Hy wil vir jou en my net die aller beste hê!

Hy is nie kwaad vir ons nie!

Ons het nie nodig om Hom te oortuig om iets goed vir ons te doen nie, Hy wil, Hy het!

Jy moet net bereid wees om dit te aanvaar!

Glo dit, en

aanvaar God se Vader-liefde,

aanvaar Hom as jou Pa!

God is die beste Pa wat enige mens kan begeer.

Niks, absoluut niks, wat jy doen sal sy liefde vir jou verander nie!

Hy het jou lief!

Wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar en

in Sy voltooide werk op die kruis glo,

is geneesing ons sin,

net soos veel as verlossing ons sin is.

Van dieselfde oomblik af, is ons verlos van sonde,

is alles wat Jesus gedoen het op die kruis en in die graf,

ons deel en het ons die Heilige Gees wat in ons kom bly.

Onthou ons word nuut gemaak. 2Kor5:17

Jy is waardig om God se liefde en Jesus se geskenke te ontvang!

B. Onkunde en Gebrek aan Kennis (Lack of knowledge)

Afrikaanse spreekwoord sê:

‘Wat ons nie weet nie, maak nie dood nie’. –

dit is erg verkeerd!

Dit wat, ons nie van God en Sy Woord weet en verstaan nie,

lei tot die dood, ewige dood en

vroeë dood vir gelowiges.

Hos 4:6  My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp Ek jou as my priester. Omdat jy die wil van jou God verontagsaam het, verontagsaam Ek die priesters wat onder jou dien. (AOV)

  • ‘n Gebrek aan die kennis van God, is nie ‘n verskoning nie.

Dis beskikbaar as jy die keuse maak om te soek.

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (AOV)

  • Verkeerde leringe (doctrine)

Wanneer mense glo dat God ons siekte gee om ons iets te leer of dat dit ‘n toets vir ons geloof is,

dan kan jy mos nie vra dat God jou moet genees nie.

Jy het nog nie die les voltooi nie,

jy het nog nie alles geleer wat jy moet nie.

Dis so verkeerd,

God het ons lief en leer ons deur Sy Woord en Heilige Gees.

Hy oortuig ons in ons gewete.

1Jn 4:18  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Kerke en predekers wat nie in geloofsgenesing glo in vandag se tyd nie, doen groot skade aan mense se geloof en twyfel word gesaai.

God straf ons nie met siekte nie!

Sal jy jou kind kanker gee of hulle hande in die vuur steek?

God is goed en doen ook nie sulke goed nie.

Mat 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! (AOV)

  • Nog ‘n rede vir siektes is die verkeede of gebrek aan kennis ivm Nagmaal en die herhinnering (remembrance) daar rondom en onderskeiding van Christus en die liggaam.

1Kor 11:23-26  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; 24  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. 25  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. 26  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. (AOV)

Die liggaam van Christus is vir ons gebreek,

geslaan en Hy is verag vir ons,

sodat ons verlos kan wees van siektes.

Sy bloed was die sonde offer wat ons vry gekoop het van die sondelas en regverdig voor God maak.

Isa 52:14  Baie mense was ontsteld oor hom, hy was so misvormd dat hy nie meer soos ‘n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ‘n mens gehad het nie. (ANV)

Isa 53:4-5 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5  Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.(ANV)

Die liggaam is ook die gelowiges of kerk-liggaam (body of believers).

Dus moet ons ook aan ons mede gelowiges dink tydens nagmaal.

Wanneer Nagmaal op die manier gedoen word,

is dit ‘n sterk saamstaan in Christus teen aanslae van siektes en die bose magte.

C. Verhoudings (Relationships)

  • Swak en slegte verhoudings is ‘n groot oorsaak van siektes.

Dit veroorsaak spanning, konflik, aanstoot word geneem, twis, stryd, haat, russie en onvergewensgesindheid tussen mense en

dit is sonde.

  • Sonde maak die deur wyd oop en nooi die duiwel in om moeilikheid te kom maak.

Jak 4:1  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?  (ANV)

  • Sonde is nie altyd die oorsaak van siektes nie,

Joh 9:3  En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.

Sonde is egter dikwels ‘n oorsaak van siektes.

Sonde is wanneer ons buite God se wil is.

Daar is natuur wette waar sekere handelinge tot noodwendige gevolge gaan lei.

Stop sondes; seksuelesondes, leuens, steel, seer, bitterheid, russies en onvergiffenis in jou lewe.

Sonde maak ons slawe van die duiwel,

as ons aan hom toegee,

maak ons ‘n deur oop en nooi hom in.

Rom 6:16  Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe. (ANV)

  • Vrees, angs, bekommernis is nie dinge wat ons normaalweg as sonde sien nie, maar hierin is die probleem, vertroue.

Wanneer ons God nie vertrou nie, sê ons Hy is nie goed genoeg of instaat om vir ons te sorg nie. Vrees is van die duiwel, staan dit teë!

Jam 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. (OAV)

Negatiwiteit en ongeloof het ‘n invloed op Jesus gehad, dus dit sal op ons ook ‘n invloed hê.

Vermy negatiwiteit, dit lei tot ongeloof en twyfel.

Mar 6:4-6 En Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis. 5  En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. 6  En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer. (AOV)

D. Hoe om die regte houding vir genesing te kweek. (Opsomming)

Wees oortuig van God se goedheid en liefde vir jou.

Aanvaar God se liefde vir jou.

Glo en vertrou God bo alles. (God se waarhede teenoor die feite van die wêreld.)

Glo aggressief, neem jou outoriteit op en beveg die aanslae, dis ‘n geestelike oorlog, staan vas.

Ondersoek jou hart in jou verhoudings.

Verwyder alle sonde en loop die pad met God en Sy wil vir jou.

Verklaar God se Woord oor jou lewe en omstandighede.

Hoor, luister, gehoorsaam en doen wat God jou beveel. (moet jy glo of moet jy ‘n dokter raadpleeg?)

Sien jouself gesond in jou verbeelding, met ‘n houding van verwagting en afwagting.

Hou geselskap met mense wat jou geestelik bystaan en oplig, vermy negatiwiteit en ongeloof.

Deurbrake beteken vasstaan, aanslae raak juis nou feller. (Ook voor en nadat jy getuienis gee.)

Jy is gesond, Jesus het dit 2000 jaar gelede al gedoen,

as dit nie dadelik in die werklikheid sigbaar is nie,

bly glo en prys God.

Ons gebrek aan kennis, ongeduld, twyfel of ongeloof, sonde, fisiese moegheid en aanslae van die duiwel is alles dinge wat genesing verhinder.