Genesing Lê in die Versoening
Saamgestel deur Alta vd Merwe
Siekte is die begin van die dood van die menslike liggaam
- Waar kom siekte vandaan?
- God het alles geskep en dit was goed – daar was geen siekte nie.
- Siekte het na die val van Adam en Eva gekom. Die duiwel het sy vinger in die lewe van mense gekry – wat is baie van die oorsaak van siektes – onvergewingsgesindheid, haat, ywer, twis, ens.
- Is siekte God se wil?
- Wanneer ons na Jesus kyk terwyl Hy hier op die aarde was, sien ons dat Hy niemand siekgemaak het nie – Fariseërs en Skrifgeleerders – Hy het almal gesond gemaak wat na hom toe gekom het vir genesing – Hy het nie Sy opposisie, die Fariseers en Skrifgeleerders, siekgemaak nie.
- Wat sê Jesus vir ons in:
Joh 5:19-20 Toe het Hy Hom verweer en vir hulle gesê: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so. [20] Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan.
- Jesus het ons gewys wat God se wil is, in wat Johannes sê in:
1Jn 5:14-15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. [15] En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.
- God het verder ons siektes op Jesus gesit met Sy kruisiging soos geprofeteer is –
Jes 53:4-5 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. [5] Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
En daar word in Mat 8:16-17 en 1Pet 2:24 na hierdie profisieë verwys wat plaasgevind het.
- Wanneer ons weergebore word, is genesing van enige siektes daarby ingesluit.
- Ons is gesond gees?, maar ons siel en liggaam is in mekaar geweef en wat ons dink vloei deur na ons liggaam, met ‘n moontlikheid dat die liggaam siekte ontwikkel.
- Goed daar het nou een of ander siekte in ons liggaam ontwikkel deur sonde, verkeerde denke of ‘n aanval deur die duiwel – wat sê God vir ons?
Dit is nie Hy wat ons die siekte gegee het nie, Hy straf of toets ons nie met siekte nie, Hy gebruik sy Woord om ons te tugtig – 2 Tim 3:16
- Bid vir genesing – 1 Joh 5:14-15
- Jesus het jou Sy mag gegee om die siekte aan te spreek – Mark 16:17-18
- Roep die ouderlinge om vir jou te bid – Jas 5:14-15 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here [15] En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.
- Ons moet glo dat ons genesing ontvang – Hand 14:8-10 In Listra was daar ‘n man met gebreklike voete. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie. [9] Hy het geluister terwyl Paulus praat. Paulus het stip na hom gekyk en gesien dat hy die geloof het om gesond gemaak te word. [10] Toe roep hy na hom: “Staan regop, op jou voete!” Die man het opgespring en hy kon loop.
- Die wet van om te glo – the law of faith – wat ons leer uit Mark 5:24-34.
- Hierdie is die verhaal van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het – (lees die hele gedeelte)
- Mar 5:27 Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, die persoon met die siekte moet hoor dat daar genesing is vir die siekte.
- Mar 5:28 want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. Daar moet geglo word dat genesing moontlik is deur die denke en woorde wat gespreek word.
- Mar 5:29 En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was. Daar moet ‘n aksie volg soos sy wat aan die soom van Jesus se klere geraak het – bid en verklaar dat die siekte weg is.
- Praktiese metodes om in gesondheid te lewe of om genesing te kry:
- Glo dat God jou beskerm – Ps 91 Op God kan ek vertrou.
- Voer die basiese natuurwette uit – slaap genoeg, eet reg en binne mate, ens.
- Glo God het jou genees wanneer jy daarvoor bid – 1 Joh 5:14-15 – maar gaan kyk na jouself indien genesing nie realiseer nie – het jy alle haat afgelê of almal vergewe – vra die Heilige Gees om aan jou te openbaar wat kort van jou kant af.
- Wanneer jy sondig – 1 Joh 1:8 – beweeg ons onder God se beskerming uit wat in Ps 91: 4 – Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante – beskrywe en ‘n opening word vir die duiwel gemaak om ons aan te val wat siektes insluit. Al wat egter nodig is, sê 1 Joh 1:9 – Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid – dan beweeg ons weer onder God se beskerming in.
- Handhaaf altyd die volgende gesindheid selfs wanneer jy onder mediese behandeling is:
- Staan vas teen ongeloof, vermy negatiwiteit so ver moontlik
- Wanneer jy siek is, lewe asof jy gesond is.
- Weier om enige simptome te erken.
- Weier om siekte te aanvaar as joune (bv my kanker), moet nie eienaarskap van siekte aanvaar nie, die siekte is van die duiwel en hou die duiwel se werke terug as jy dit nie aanvaar nie.
- Moenie bang wees wanneer daar ‘n virus die rondte doen nie, verklaar openlik dat dit jou nie sal aanval nie.
- Pasop wat jy sê, die duiwel kan jou hoor en kan negatiewe opmerkings soos “hier trek ‘n koue luggie en ek gaan verkoue kry” gebruik om jou ‘n verkoue te gee.
- Haat siekte – John G Lake se storie.
- Die ongeloof van ander kan jou negatief beïnvloed
- Ons kan verander wat ons het, deur wat ons sê – Jakobus 3 – verklaar ons is gesond.
- God sal jou ontmoet waar jou geloof is.
- Belangrik en dit doen nie afbreek in jou geloof of dat jy mag het om siektes geestelik teen te staan nie, maar –
- God het jou ook ‘n gesonde verstand gegee om te kan oordeel wanneer mediese hulp nodig is omdat die simptome nie gou weg gaan nie. Dit kan beteken dat jou geloof op daardie stadium dalk nie sterk genoeg is nie en jy moet genesing deur mediese behandeling ontvang. God sal jou ontmoet waar jou geloof is.
- Daar is ook aanvalle deur die duiwel soos bv ‘n malaria muskiet wat jou byt en malaria gee wat jou dood kan veroorsaak as jy nie gou mediese behandeling kry nie. Gebruik gesonde verstand en wees waaksaam soos in hierdie geval wanneer jy in ‘n malaria gebied beweeg het.
- Wanneer jy op medikasie is moet dit nie stop tot jy jou dokter bewys het jy is gesond en die dokter stop die medikasie nie. (Hier is die samewerking met die HG baie belangrik, wees gehoorsaam aan Hom.) Wanneer die dokter erken jy is gesond en benodig nie medikasie nie. Dink net die gevoel wanneer jy vir die dokter kan sê dit is God wat jou gesond gemaak het en nie die medisyne nie.
