Outoriteit van die Gelowige

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Outoriteit = mag

Waar kom ons outoriteit vandaan? 

Hoe moet ons dit gebruik?

Oor wat het ons outoriteit?

Waar kom ons outoriteit vandaan?

As die skepper van alles, het God alleen alle outoriteit (mag) besit. God het aan die mens outoriteit op die aarde gegee, nadat Adam geskape is.

Gen 1:26 -28 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Wat beteken? na Ons beeld, na Ons gelykenis’ = Our image, according to Our likeness;- God is Gees (Spirit), ons is dus na Sy gees geskape, daarom is ons gees, siel en liggaam.

Wat beteken? ‘Heers oor die aarde’ = dominion over the earth – dit beteken – mag om te heers oor alles op aarde, te versorg, kyk na, pas dit op, bestuur die aarde.

Outoriteit verloor – Gen3:1-3

Eva het nie volledige kennis gehad van wat God gesê het nie. Sy het getwyfel en die duiwel het dit dadelik raak gesien en voluit gegaan om haar verder te mislei , te verwar of bedrieg. Die mens het in die proses hul outoriteit vir die duiwel gegee. Die vertrouensverhouding wat hulle met God gehad het, het onmiddelik verander na vrees en skaamheid.

Wie is die duiwel en wat is sy magte?

Die duiwel is ook deur God geskape as ‘n engel, maar hy kom in opstand en neem ‘n klompie van die rebellerende engele saam met hom.

Hy wou soos God wees (Jes14:1-23). Die duiwel het geen mag van God gekry nie. Hy is ook as ‘n gees geskape, maar hulle is bekend as bose geeste, bose magte of ‘demons’.

Die krag wat die duiwel op aarde het, het hy by die mens in Eden gekry. Die enigste mag wat hy het, is dit wat ons hom toelaat, selfs al word hy die god van die wêreld genoem. 2Kor4:4. Hy is ook bekend as owerste van die wêreld, maar hy is reeds geoordeel, Jesus het oorwin!

Joh 16:11  en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

Die duiwel het Jesus, net soos vir Eva, op presies dieselfde manier probeer mislei en bedrieg en hy doen dit nog steeds met ons. Luk4:5-13 versoeking van Jesus in die woestyn.

Duiwel se plan teen ons:

Die leuens wat hy ons probeer oortuig om te glo.

a) Twyfel (doubt) – hy maak jou twyfel in God se goedheid en laat jou God se Woord bevraagteken. Ook twyfel in jouself.

b) Ontmoedig (discouragement) – hy laat jou fokus op probleme, wat jou moedeloos maak, eerder as om op Jesus te fokus en hoopte ervaar.

c) Verdeeldheid (division) – hy gee jou twee opsies wat jou aandag  verdeel of laat ander dinge jou aandag weg lok en na dinge wat reg voorkom.

d) Verslae of neerlaag (defeat) – hy laat jou minderwaardig en onsuksesvol voel, sodat jy ophou probeer.

e) Verhinder of terughou (delay) –hy laat jou uitstel sodat dit nooit gedoen word nie.

f) Vernietig (destroy) –hy vernietig deur teenspoeden probleme en so word ook hoop en vertroue vernietig.

Outoriteit is terug gewin. (regain)

God sou onregverdig optree (teen Sy integriteit), indien Hy sou ingryp in die situasie toe Adam-hulle hul outoriteit weggegee het. God het die outoriteit vir die mens gegee. Die Mens het dit vir die vyand (duiwel) gegee en God moes dit op ‘n ander manier weer bekom om getrou aan Sy integriteit te bly. Hy moes as ‘n fisiese mens na die aarde kom, omdat geestelike wesens niks op aarde kan doen sonder ‘n fisiese liggaam wat saam met hom werk nie. Weens sonde was daar verwydering tussen mense en God. Hand verduidelik dit so.

Hebr 2:14-15  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Daarom het God mens geword, Jesus is gebore uit ‘n maagd, as Gees en fisiese mens, om te herstel en te doen wat God belowe het in Gen3:15.

Jesus se dood het dit moontlik gemaak dat ons kan deel in die outoriteit wat God aan die begin gegee het, maar ons kan dit nie weer weggee nie. Wanneer ons nou toegee aan die duiwel se slinkse misleidings, is dit net jy persoonlik en soms jou naaste familie wat daar onder lei en nie die hele mensdom nie.

Kol 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Hoekom het ek outoriteit?

Jesus het in ons plek vir sonde kom betaal en ons in die proses vry gekoop van meer as net sonde.

2Pe 1:3-4  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, 4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Wanneer ons Jesus as ons verlosser erken kry ons  saam met die vergiffenis van sonde, gesondheid in ons siel en liggaam, vrede, liefde, heelheid, voorspoed, welfaart, geregtigheid en dieselfde krag wat Jesus opgewek het uit die dood in ons en ook outoriteit in Christus. Jes53:3-12, Ef1:19-23 Mrk16:16-18

Jesus het gekom om die werke van die duiwel te vernietig.

1John 3:8b   …Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

Weet en verstaan jy is die een met die outoriteit en krag en dat die duiwel steeds sal probeer om jou in sy strik te kry, sodat hy  jou kan gebruik vir sy doel. Daarom sê

Jak 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Jesus was sondeloos, dit beteken Hy is geregtig voor God en dit is die geregtigheid wat die bose oorwin en ons mag gee om te doen wat Jesus ons beveel het omdat ons deur Jesus geregtig is.

Mat 28:18-19  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Hoe moet ons, ons outoriteit gebruik?

Luk 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Ons het die mag gekry! Ons is in bevel geplaas! (We are commanders!) Glo wat God sê en doen wat Hy ons beveel het.

Mar 11:22-24  Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. (Dis belangrik om geloof te hê, twyfel werk nie.) 23  Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg (probleem) sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê. 24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Ons kan net geloof hê in dit wat ons ken en vertrou. As ons God nie ken en ten volle vertrou nie, is dit moeliker om te ontvang, maar nie onmoontlik nie, want niks is vir God onmoontlik nie. Luk1:37, Mrk9:23 (Hoe meer saam staan en glo, hoe beter.)

Dan moet ons doen wat Jesus in Markus 11:22-24 sê, praat met die berg (probleem), Jesus het reeds verlossing vir ons gekoop en betaal op die kruis, dis reeds ons sin, dis gedoen, afgehandel.

Daarom moet ons die probleem aanspreek en beveel om in lyn te kom met dit wat reeds in die Gees gedoen is en glo! Sodat ons dit kan verkry.

Let op wat jy dink en praat. Ons glo aan die eenkant en dan weerspreek ons woorde wat ons nou net verklaar het, vb.

Piet:’God is getrou, dit gaan regtig goed’.

Hennie: ‘Ek is bly om dit te hoor. Wanneer kom jy kuier?’

Piet:’Nee jong, daars nie geld vir rongry nie’. Net hier kanselleer Piet wat hy nou net van God verklaar het! Die beter antwoord van Piet sou wees, ‘Ek sal God vra en vertrou vir voorsiening.’

Ons het die mag en vermoë om ons gedagtes gevange te neem en die aanslae van die bose en verkeerde denke teen te staan, wat ons gedagtes wil beheer.

2Kor 10:4-5  (ANV) Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings (denke, filosofië) kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5  en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Oor wat het ons outoriteit?

Kom ons kyk weer wat het Jesus gedoen en gesê.

Johannes die doper het volgelinge na Jesus gestuur met ‘n vraag.

Luk 7:22  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

Jesus het gesê ons sal groter werke doen, volgensJoh 14:12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Jesus het ook die natuur aangespreek en ons het ook daarin mag of outoriteit.

Mat 8:26  En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.

Tydens ‘n haelstorm een nag in Heidelberg Wes Kaap was die hael so groot dat dit vensters en plastiek geute stukkend geslaan het. Daar is  ‘n sitrus plaas net buite die dorp. Toe hulle die hael hoor het hulle onmiddelik outoriteit opgeneem en die storm aangespreek. Die hael het gestop en geen in die boorde of enige plaas eiendom beskadig nie.

Finasieël, moet ons let op positiewe uitsprake en kyk hoe ons vertrou en wie ons bron is, is dit God? (He is our source) Matt6:33

1Kon 17:13-14  En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ‘n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak. Meeste van ons sou ons waarskynlik vererg het vir die man.

1Kon17:14  Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.

Ook die weduwee wat kanne vol olie uit ‘n flessie vol gemaak het en dit kon verkoop. As sy gese het dis vergesog sou niks gebeur het nie. Maar sy het vertrou en geglo en gedoen, en dit het gebeur. 2Koning4:1-6 Geloof het ‘n aksie tot gevolg.

Kom ons kyk wat:

Mat 18:18  Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Ons het outoriteit oor alles op die aarde en selfs in die hemel. Oor hierdie gedeelte veral, is dit ‘n mag wat ons met insig, respek en versigtiheid moet hanteer.

Outoriteit is gegeeop aarde van die begin af – ons het mag om dinge aan te spreek. God kan nie weer doen wat Hy reeds gedoen en oorgedra het aan ons nie.  Dis nou ons werk!