Ewige lewe

Saamgestel deur Petrus vd Merwe

Wat sê die woorde ‘ewige lewe’ vir jou?

Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  

Wat is die belangrike deel hier waaroor ons nou gesels? – Die ewige lewe sal hê’

1Joh 5:11-12  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

Joh 6:47-48  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe.

Die ewige lewe waaroor dit hier gaan is dit wat ons kry wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar en in Hom glo, maar wat beteken of is hierdie ‛ewige lewe’

Almal lewe vir ewig. Hoe gaan ons ewig lewe – fiesies of geestelik?

Ons bestaan uit gees, siel en liggaam. Die liggaam bly agter en vergaan hier op aarde, maar ons gees en siel gaan na God toe. (Lees meer hieroor in ‛My Identiteit in Christus’)

Daar bestaan ’n geestelike dimensie en dit is waar ons ewig gaan lewe

God soek egter ʼn intieme verhouding met elkeen van ons.

Jesus bid dat ons God en Hom intiem moet ken.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

U ken’ Engels ‘know’ – word gebruik as intieme verhouding. (Gen 4:1)

Kyk ook in die volgende verse dat God en Jesus ‘n verhouding met elkeen van ons verlang.

1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

Opn 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

God wil die middelput van ons lewe wees.

Verhouding met God is meer as net ons 5 sintuie – daar is ‘n geestelike kant waarmee ons met God en Jesus ‘n verhouding het.

Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Elkeen kommunikeer deur sy eie gees met God.

Hierdie kommunikasie vat tyd om te ontwikkel en om dit te onwikkel is kennis nodig en dus moet die Woord bestudeer word en deur gebed (gesels met God soos jy gesels met enige ander persoon vir wie jy respek en ʼn goeie verhouding het)

2Pe 1:3-4  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Baie mense aanvaar en glo in Jesus en word weergebore maar lewe steeds daarna in ’n hel hier op aarde.

In armoede, met siektes van kanker – deppressie – ens, vrees, ongelukkig, ens.

Wanneer ons met God gekoppel is kan ons al ‘n beter lewe hier op aarde geniet.

Joh 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Hierdie oorvloed begin al hier op aarde en dit is oorvloed in alles.

Rom 8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Ons hoef niks meer te vrees nie.

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Afsluiting – Bou ‘n verhouding met God deur kennis en geloof. Geniet al hier op aarde die ewige lewe wat ʼn lewe van vryheid in ʼn intieme verhouding met God is.

* Kopiereg voorbehou : Inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*