Vernuwing van Jou Denke

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Watch your thoughts; they become words.

Watch your words; they become actions.

Watch your actions; they become habits.

Watch your habits; they become character.

Watch your character; it becomes your destiny.

Barry Bennett

Wat en hoe ons dink is baie belangrik – dit bepaal jou bestemming, jou toekoms.   Wanneer ons God se Woord oordink, bedink of bepeins, vul dit ons gedagtes, ons verander en verruil sekere gedagtes met nuwe gedagtes.

Rom 12:1-2  En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming (genade) van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige (afgesonder of opsy gesit) offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (ANV)

Meestal is ons bereid, maar die probleem met ‘n lewendige offer is dat ons afkruip van die altaar af. Ons vlees (sondige natuur) laat ons gedagtes dwaal en ons bedink verkeerde dinge, dan moet ons wakker en paraat wees om net daar ‘n stokkie voor te steek. Dis letterlik om te sê; ‘Stop! dis verkeer, makeer die pas’, draai om en bring die gedagte net daar, onmiddelik, in lyn met wat God se Woord sê.

Vb. ‘Ek het nie geld vir dit nie’. Stop! ‘God is my voorsiener, alles behoort aan my Pa, Hy het my lief en begeer net die beste vir my, ek sal Hom vra’.

Laat God en die Woord jou denke beheer en verander.

Kom ons kyk wat sê 2Kor 10:4-5 daarvan

2Co 10:4-5 For the weapons of our warfare are not carnal but mighty in God for pulling down strongholds, 5 casting down arguments and every high thing that exalts it self against the knowledge of God, bringing every thought into captivity to the obedience of Christ, (NKJV)

2Kor 10:4-5 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. (ANV)

God het ons ‘n wil gegee om self besluite te kan neem. Dis in ons mag om ons gedagtes, woorde, aksies en emosies te beheer.  Ja, ons besluit om kwaad te word, dit neem wel ‘n breukdeel van ‘n sekonde, maar dis ‘n besluit wat ons maak. Dieselfde met ons gedagtes, as ons aandag gee aan wat ons dink, sal ons dit baie makliker vind om beter en positiewer dinge te bedink, beter en positiewer woorde uiter en ook positief optree, maw ons moet nie  op die negatiewe en slegte fokus nie. Ons sal selfs ons emosies ook kan beheer. Die dinge wat ons, ons gedagtes mee voed, is die dinge wat ons bedink. Waarmee ons gedagtes besig hou, is wat by ons monde gaan uitkom.

Kom ons kyk hoe beskryf Lukas en Romeine dit

Luk 6:45  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.

Rom 8:5-9  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. (AOV)

Jes 26:3 praat ook van vrede as ons gedagtes op God se Woord gerig is.

Jes26:3 U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. (NLV)

Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, (AOV)

In Hebreërs en Jakobus sien ons dat God ons nooi om  tot Hom te nader in geloofsekerheid want die prys is betaal.

Hebr 10:22  laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.

Jak 4:7  Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. 8  Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

In die gelykenis van die saaier verduidelik Jesus wat die saad laat versmoor.

Mat 13:22  Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe (wat is die bekommernisse van jou lewe?) en die verleidelikheid van rykdom (wat is hierdie rykdom waarna jy smag?)verstik die woord, en dit bly sonder vrug.

Dis moeilik om self uit te vind waar jy vernuwing van jou gedagtes benodig. Mens is te in jou eie situasie, maar jy gaan nie ‘n probleem wat herhaaldelike voorkom, oplos deur dieselfde metode te bly volg nie.

Jy moet anders dink en met nuwe strategieë vorendag kom, om ‘n verskil te maak in die situasie.

Wat is die onkruid wat jou laat verstik aan jou sorge, wat is dit wat jou vashou of laat struikel?

Dis daar, waar ons vernuwing van ons denke nodig het.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*