Bybelse Meditasie

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Meditasie het met ons denke te doen. Meditasie is ‘n dink-proses.

Spr 23:7  Want soos hy in sy siel bereken, so is hy. (AOV)

Pro 23:7 For as he thinks in his heart, so is he.(NKJV)

Ons denke bepaal ons bestemming, ons lot. Ons denke is baie kragtig, dit kan ons vooruit laat gaan of ons beperk.

Mat 12:34 Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.(ANV)

Ef 4:17-19  In die Naam van die Here doen ek ‘n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks, 18  hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. 19  Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ‘n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. (AOV)

Wat is Bybelse meditasie NIE? 

  • Bybelse meditasie is nie mistiek of misterieus nie;

 daar is in geen oosterse mistieke gevoelens, gebruike of aksies nie – (vreemde en ongemaklike posisies van sit, of herhalende frases of yoga);

  • dis nie ‘contemplative prayer’ nie. Dis inbeelding of peinser gebed – herhallende frases om gedagtes leeg of stil maak, dan luister; – ons moet ons verstand gebruik in gebed.   Filp4:6, Joh16:23-24, 1Kor14:1517
  • dis nie ‘transcendental meditation’ nie. Met die meditasieword daar van ‘n god gehoor – maar nie van God se Woord of Woord gebaseer nie en daar is baie teenstellings in wat gehoor word, klink vir my na New Age dinge;
  • dis nie om te ‘disengage’ – onttrek of losmakend nie; of om jou kop of verstand leeg te maak nie, dis gevaarlik – dit maak spasie waar die bose kan inkom.

Mediteer, die woord allerdaagse betekenis: nadink, oordink, bepeins, bedink, beplan, droom, fokus.

Bybelse Meditasie = oordink of bepeins met die fokus op God se Woord en wil, nie ander goed nie.

In Filipense is dit baie duidelik waaroor kinders van God moet dink.

Fil 4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

  • Bybelse meditasie is om ‘n woord of vers of gedeelte van die Woord te oordink, te herkou en duidelikheid op ‘n vraag te kry of om onsekerheid uit te klaar.
  • Bybelse meditasie is om jou gedagtes en denke te fokus op geestelike aspekte van God en Sy Woord met die doel (purpose) om ‘n heilige en vrugbare lewe te weeg te bring.
  • Bybelse meditasie is om God se Woord deel te maak van jou hart – verby kop-kennis na hartskennis. – maak dit jou eie – jou uitkyk – jou filosofie. ‘To be sold out on God’s Word’

Ons kan Die Woord van God vertrou

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 

Hoe om op ‘n Bybels-manier te Mediteer

Hoe oordink, peins en luister ‘n mens na wat gesê en gelees word en bewaar  dit in jou hart?

Die Bybel sê ons moet dit dag en nag doen.

Psa 1:2  maar sy behae is in die wet (Woord) van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.

Psa 63:7  as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

Spr 4:20-23  My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, 21  laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. 22  Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam. 23  Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Hoe om te mediteer – Ons gaan kyk na Fokus, Opdrag, Ywer en Verandering.

  1. Fokus op die Bron van lewe en prys Hom:

Psa 27:4  Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.

Dawid sê hy begeer een ding en daarna sal hy soek of op fokus.

  • Opdrag / instruksie:

2Tim 2:7  Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!

Wanneer ons Sy Woord ‘oor dink’ kry ons insig en dit bou ons verhouding met God en Sy Woord, en bring ons nader aan God.

  • Ywer – toewyding:

Jos 1:8  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Wees nougeset, pligsgetrou. Hier is ook ‘n belofte by.

  • Verander :

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed (denke), sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 

Ons vind God se wil, terwyl ons mediteer, ons verstaan en kry insig en dit verander en verbeter ons lewens.

Praktiese Voorstelle 

Rekenaar gebruik – E-sword Bybel; Blue Letter Bible– verskillende Bybel vertalings – daaglikse  Bybel-dagstukke

  1) Tyd:

Dit neem tyd, sit daagliks ‘n spesifieke tyd en plek opsy  om dit te doen. Maar dis nie nodig om met skuldgevoelens te sukkel as jy dit nie vir ‘n dag of wat kon by bring nie. Maak net seker dat jy dit wel weer begin na ‘n onderbreeking.

 2) Begin met gebed:

Vra vir fokus en konsentrasie en geestelike verstaan en hoe om dit uit te leef volgens die Woord en om in gehoorsaamheid te volhard.

3) Skrif gedeelte:

Lees dit in verskillende vertalings en ook kommentare, dink daaroor, vra God daaroor, maak aantekeninge, vra vrae, memoriseer die gedeelte.

4) Dink en oorweeg:

    Hoe om dit in jou daaglikse lewe uit te leef – Vra om te volhard daarin, in gehoorsaamheid.

Metodes:

Volg ‘n Bybel lees plan, deesdae kan mens selfs luister na voorlesings van die Bybel deur You Version op jou selfoon of rekenaar.

  1. Sistimatiese studie: Lees met aandag elke boek van begin tot einde. Volg ‘n lees plan of doen dit in ‘n groep wat sal help sodat dit volgehou kan word.  – 4 Hoofstukke in OT, 1 hoofstuk in NT per dag = ‘n jaar.
  2. Vers vir vers:  ontleed wat elke woord in die vers se beteken en wat dit as ‘n geheel beteken, plaas sinonieme (selfde betekenis) woorde in die plek van woorde wat nie algemeen gebruik word nie. Vb Ps139, Ps23.  

Vra vrae; vb. Watter woorde kom in die gedeelte herhaaldelik voor, wat is die tydwoorde (verlede, toekoms), wat beteken dit wat hier staan ens. Stel ‘n lysie standaard vrae op.

  • Woord studie: bestudeer ‘n woord – kyk ook na teenoorgesteldes – hou balans deur dit in konteks en in waarheid te lees;

vb. sonde (sin), doel (purpose), genade (grace), goed/sleg (good/bad),  waarheid (truth), hier help ‘n Korkondansie, baie.

  • Onderwerp studie: vb. Finansies(geld, koop, verkoop, bymekaar maak, berg/bêre, offers, gawes/ skenk) leierskap, huwelik (man, vrou, saam ens.) Identiteit in Christus; ook karaktersstudies – vb. Dawid en wat leer ons uit die karakter se lewe,  Rigters, konings, profete, ens.
  • Verwysings studie: Dit is waar een vers lei tot ander verse met soortgelyke mening – ook spinnekop of wa-wiel metode genoem. vb. Rom8:6=Jes26:3
  • Meditasie: Nadat ‘n gedeelte gelees is of ‘n woordstudie –  bekyk is, dink daaroor, dit help baie om openbarings  te kry, – kyk ook na woorde se oorspronklike betekenisse in Hebrews en Grieks.

Dit kan na baie werk klink, maar in werklikheid gebeur dit  gelyktydig.  Dis soos ons vroeër gelees het wat die hart van vol is loop die mond van oor. Dis in jou gedagtes deurentyd.

Voordele om oor die Woord en Geestelike dinge te mediteer.

Mediteering van die Woord:

gee kennis wat tot openbaringe lei,

bevorder ons verhouding met God,

bemoedig en inspireer ons,

bring genesing in ons liggame en in ons siele,

veroorsaak dat ons die Woord in waarheid en balans kan gebruik.

Die openbaringe wat ons kry deur te mediteer oor die Woord van God, help ons om in oorwinning en met moed  deur ons dag en die lewe te  kan loop, dit gee ons hoop en krag. Dit bring ons nader aan ons Vader.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*