Die Integriteit van God se Woord

Saamgestel deur Petrus vd Merwe

Die manier wat God gebruik om met ons te praat is hoofsaaklik deur Sy Woord.

Die Woord is die skriftelike basis waarop ons geloof staan, as ons nie alles wat in die Woord staan sonder enige aanpassings of eie menslike verklarings aanvaar nie, het ons geen basis waarop ons God kan vertrou nie en is die Woord sinneloos vir ons.

Heb 4:2  Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.

2Pe 1:20-21  Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, [21]  want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.

Hoe het die Woord tot stand gekom op papier?

Ons sien al in die Ou Testament waar God opdrag gee dat Sy woorde op skrif gestel moet word.

Exo 17:14  Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in ‘n boek as ‘n blywende herinnering

Jer 30:2  So sê die Here die God van Israel: Skryf alles wat Ek met jou gepraat het, in ‘n boek.

Jesus sê die Heilige Gees sal kom om alles wat Hy gesê het in herinnering bring en dit is hoekom die Evangelies geskryf is, sodat dit bewaar sou word vir die nageslagte.

Joh 14:26  en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek,

As kommunikasie-middel het die Appostels briewe geskryf aan die Christene om hulle te leer en bemoedig. Hierdie geskrifte het behoue gebly en word saam met die Evangelies die Nuwe Testament in ons Bybel soos deur die eerste kerk saamgestel en glo ons dit was deur die leiding van die Heilige Gees.

1Ti 3:15  Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.

God beskerm ook Sy geskrifte, ʼn voorbleed daarvan sien in ons Jeremia 36 waar God opdrag gegee het aan Jeremia om ‘n boekrol te skryf oor Juda se optreede en gebeure wat aan die Jode voorgelees moes word. Koning Jojakim het die boekrol verbrand, maar God het Jeremia opdrag gegee om die boekrol te herskryf.

As ons na ons Bybel kyk waaroor ons beskik, is dit steeds dieselfde soos deur die eerste kerk opgestel is. God het die Bybel beskerm oor hierdie meer as 2000 jaar en ons kan dus seker wees dat die Bybel God se Woord is met al die verskillende vertalings binne elke unieke taal en gebruike.

Om verder die werklikheid van God se Woord te bewys – kyk of jy al een of meer van die volgende beleef het deur die Bybel te lees:

  1. Jesus is die Woord en ons verlosser

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. [2]  Hy was reeds in die begin by God. [3]  Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.

  • Die integriteit van die Woord.

Jer 1:12  Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.

  1. Het jy al gesien / belewe dat God doen wat Hy in sy Woord sê?

Die Woord het krag.

Jer 23:29  My woord is soos vuur, sê die Here, soos ‘n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word.

  1. Die Woord gee leiding, regstelling, ens.

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, [17]  sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

  1. Die Woord is waarheid

1Th 2:13  Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie, maar die woord van God. En dit is ook inderdaad die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys. Ook Jak 1:18 en Joh 17:17

  1. Geloof kom van die Woord

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Rom 10:17  So then faith comes by hearing, and hearing by the word of God.

  1. Die Woord is lewendig

Heb 4:12  Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

  1. Die Woord is saad

Isa 55:10-11  Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. [11]  So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.

  1. Die Woord is ewig en bring vrug voort

1Pe 1:23-25  Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God [24]  Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos ‘n veldblom; die gras verdor en die blom val af, [25]  maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

Hoekom het ons die Woord van God in skrif ?

Sodat ons dit daagliks kan lees en nie net lees om dit te lees nie, maar om die saad wat dit in ons moet plant te laat gebeur.

Hoe moet ons die Woord lees ?

Ons het die Heilige Gees nodig om vir ons die Woord oop te maak / te laat verstaan.

1Co 2:12-14  Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. [13]  Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. [14]  Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Ook 1Kor 1:23-25

Wat gebeur wanneer ons die Woord lees ?

Mark 4:14 sê vir ons die saaier saai die woord – die saad is die Woord van God

Daarna vertel dit van die verskillende grond waar die saad val en wat gebeur.

Verder in Mark 4 lees ons dan ook die volgende:

Mar 4:26-28  Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land [27]  en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie. [28]  Vanself bring die aarde die graan voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die vol koringaar.

Jy lees die Woord elke dag met aandag en jy plant die saad van die Woord in jou hart, oor tyd ontkiem daardie saad en groei. Ons verstaan nie hoe nie maar dit gebeur. Wanneer dit groei tot ‘n vol koringaar begin dit vrug bring in jou hart en wat in jou hart is doen jy.

Afsluiting

  1. Glo in die Woord van God soos dit geskrywe is en nie met jou eie of ander se voorbehoud nie.
  2. Laat die Heilige Gees jou lei in wat jy lees.
  3. Lees verskillende vertalings om, duidelikheid te kry en seker te maak een vertaling dwaal nie dalk nie.

Deur die Woord te lees gaan jy verander word.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*