Voordele van spreek in tale
Saamgestel deur Petrus vd Merwe
Kom ons begin eers met ‘n kort oorsig oor die Heilige Gees.
Wanneer ons Jesus aanneem as ons verlosser, word ons weergebore en dit is, ons gees word nuut en verseël deur die Heilige Gees en die Heilige Gees kom woon in ons en lei ons gees. Ons ontvang verder ook die vrug van die Heilige Gees – liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.
Hoewel ons gees vernuwe is, is ons siel nog onverandered en moet vernuwe word deur die Woord van God en ook leer om die Heilige Gees te laat uitvloei.
Wanneer ons gedoop word in die Heilige Gees ontvang ons een of meer van die nege gawes van die Heilige Gees – woord van wysheid, woord van kennis, onderskeiding van geeste, geloof, genesing, wonderwerke, profisieë, tale en uitleg van tale.
Nou wat is hierdie tale in Bybelse konteks – tongues in Engels – ook bekend as geestelike tale?
‘n Definisie in Engels:
“Supernatural speaking of a language never learned by the speaker and spoken as the Holy Spirit gives the ability to do so.” (Wendell Parr)
Baie mense in die kerk, veral met gereformeerde agtergrond, sê hoewel vreemde tale in die Bybelse tyd gebruik is, dat dit nie meer vandag gebeur en nodig is nie. Hulle sê ook dat die tale wat gebruik is, was werklike tale van daardie tyd.
Kom ons kyk wat sê die Woord oor tale.
Waar kom die tale vandaan?
1 Kor 12:8-11 ‟[8] Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; [9] aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; [10] aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. [11] Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.”
Tale is een van die nege gawes wat deur die Heilige Gees uitgedeel word en gebruik word in onderandere in samekomste van die Gelowiges. Een van die gawes is ook om tale te kan uitlê, wat vir ons verklaar dat wanneer tale gespreek word, kan dit vir almal onverstaanbaar wees en is uitleg nodig wat die Heilige Gees sal voorsien.
1Kor 14:13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.
Daar is twee areas van gebruik van tale – by samekomste van gelowiges (openbare gebruik) en persoonlike gebed by individuele – Gelowige.
Gebruik van tale in samekomste
Die eerstekeer waar ons lees van tale is in Handelinge waar die Heilige Gees op die Gelowiges uitgestort word.
Hand 2:4 ‟En hulle is almal vervul met die Heilige Gees [doop in die Heilige Gees] en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”
Hier sien ons dit gebeur in die samekoms en as mens verder lees sien jy dat dit tale was van verskillende nasies, wat in Jerusalem was op daardie stadium. Hierdie gebeurtenis kan ook beskrywe word as ‘n teken vir ‘n ongelowige.
1Kor 14:22 Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges;
Dit gebeur steeds vandag nog, waarvan ons verskeie getuienise gehoor het dat ‘n persoon in ‘n byeenkoms ‘n booskap van die Heilige Gees ontvang om in ‘n taal onbekend aan die spreker te gee en dan verstaan ‘n ander persoon die boodskap in sy moedertaal wat niemand anders in die byeenkoms ken nie.
Die ander gebruik van tale in samekomste is waar die Heilige Gees ‘n boodskap in tale op die hart van ‘n persoon, met die gawe in tale, lê om die boodskap te gee, maar dan moet die spreker of iemand in die byeenkoms ‘n uitleg van die boodskap gee, wat ook van die Heilige Gees sal kom. In hierdie geval sal die taal onverstaanbaar wees vir die hele byeenkoms – ‘n geestelike taal.
Ons sien dit ook in die volgende gedeelte waar Paulus aanbevelings gee om orde in samekomste te handtaaf –
1Kor 14:27-28 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. [28] Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.
Gebruik van tale in persoonlike bede.
Ons bestaan uit gees, siel en liggaam, wanneer ons in tale bid, bid ons gees tot God en ons verstaan niks daarvan nie en moet vra dat God dit aan ons bekend moet maak. Almal wat in die Heilige Gees gedoop is het ‘n persoonlike geestelike gebedstaal wat jy nie sal verstaan nie en die Heilige Gees moet aan jou die uitleg daarvan gee.
1Kor 14:2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
1Kor 14:14-15 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. [15] Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
Uit vers 15 kan ons sien dat ons ook aanbidding en lofprysing (worship) in tale doen.
- Verder wanneer jy in tale bid bou jy jouself geestelik op (edify)
1Kor 14:4 Die een wat ongewone tale of klanke gebruik, bou net homself op,
Jud 1:20 Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid
- Ons spreek ook danksegging uit wanneer ons in tale bid
1Kor 14:16-17 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? [17] Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. Gestig = geestelik opbou
- Wanneer jy in tale bid verstaan die duiwel ook nie.
1Kor 14:2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
Persoonlike gebede kom ook in tweedele voor
Die een is jou persoonlike gebede tot God in tale soos hierbo verduidelik
Die twee is wanneer jy deur die Heilige Gees opdrag kry om vir iemand, bekend of onbekend, in te tree met gebed in tale.
Rom 8:26-27 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. [27] En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Hoe kry ons dit reg om in tale te spreek?
Dit kan outomaties gebeur wanneer jy met die Heilige Gees gedoop word –
Soos met die uitstorting van die Heilige Gees die eerstekeer
Hand 2:4 ‟En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”
Petrus wat na Cornelius toe gestuur is –
Act 10:44-46 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. [45] En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. [46] Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.
Paulus wat ‘n groep gelowiges in Efese teegekom het wat net met water gedoop was –
Act 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Daar is egter verse waar mense in die Heilige Gees gedoop is en dit nie aangeteken is dat daar in tale direk daarna gespreek is nie –
Die gedeelte waar Petrus en Johannes na Samaria gegaan het waar Filippus evangelisasie gedoen het en mense net in water gedoop het.
Act 8:15-17 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, [16] want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus [17] Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Toe Paulus met die Heilige Gees gevul is word daar ook nie gesê dat hy in tale gepraat het nie, maar ons weet uit 1 Kor. dat hy defnitief later in tale gepraat het waaruit ons kan aflei dat dit vir enige een wat moontlik is om in tale te kant praat na doping in die Heilige Gees.
Act 9:17 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
Vra die Here om jou die gawe van tale te gee sodat jy op daardie manier met hom te kan kummunikeer –
Mar 11:24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
Kry jou kop reg, gooi al die verkeerde inligting en bygelowe weg en glo dat jy kan, hou aan probeer deur te brabbel of een of twee vreemde woorde oor en oor te herhaal tot dit oorgaan na ‘n vloed woorde wat uitkom sonder dat jy weet waar kom dit vandaan.
Pasop wees bewus dat die duiwel jou anders sal wil laat glo dat jy nie na die duiwel luister wat jou aanhoudend gaan laat dink dit is nie nodig nie of jy gaan dit nie regkry nie.
Nou terug in opsomming na wat is die “voordele van spreek in tale”
- Jy bid met jou wedergebore gees.
- Dit oortref jou verstandelike insig, jou gees wat die Heilige Gees in het, weet alles en weet waarvoor om te bid.
- Jy aanbid God in gees
- Jy dank God in gees
- Jy bou jouself op.
* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*
