Hoe om Heilige Gees te Ontvang

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Wat dink julle, is nodig om Heilige Gees te ontvang, om ‘n geesvervuldelewe te lei?

Joh 7:37-39  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (AOV)

Om Heilige Gees te ontvang moet ons dors wees om te ontvang, met ander woorde ons moet ‘n begeerte hê om Heilige Gees te ontvang en gaan drink.

Maniere Om Heilige Gees te ontvang

1) Wag in gebed op God

Hand 1:4 & 8 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Die dissipels moes op God wag om Heilige Gees te stuur.

Hand 1:14  Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

2) Oplê van hande

Hand 8:4-8 & :12-17 Dis die Gelowiges in Samaria wat by Fillipus van Jesus gehoor het en geglo het en met water gedoop is, maar het nie die Heilige Gees ontvang nie. Petrus en Johannes het hulle die hande op gelê en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Hand 9:10-17  Ons lees :17  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. 

Ananias het opdrag gekry om na Paulus te gaan en hande op hom te lê, sodat hy kon sien en Heilige Gees kon ontvang. Dit was in Damaskus.

Hande oplê is die vrystelling van die salwing  van die Heilige Gees op mense, om die geskenk van God te ontvang.

3) Hoor die Woord Rom10:17-21

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Rom 10:17 So then faith comes by hearing, and hearing by the word of God.

In Hand10 lees ons van Cornelius hoofman oor hondered en Petrus wat die woord aan nie-Jode moes gaan verkondig. Hulle hoor wat Jesus alles gedoen het en glo en die Heilige Gees word op hulle uitgestort terwyl Petrus nog die Woord aan hulle verduidelik. En hulle word ook gedoop.

Dus soms kan ons die Heilige Gees ontvang voordat ons gedoop is.

4) Bereidheid om verdere Openbaringe te ontvang Hand19:1-6

Hier lees ons van gelowiges in Efese wat Paulus daar ontmoet. Hulle is met water gedoop, met Johannes die Doper se doop, maar het nie verdere kennis nie. Paulus leer en doop hulle in Jesus se Naam en lê hulle die hande op en hulle ontvang Heilige Gees.

Hand 19:5, 6  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

5) Vra om Heilige Gees te ontvang Luk11:9-13  

Luk 11:13  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Glo wat jy vra, glo dat jy dit ontvang het.

6) Jy is waardig om Heilige Gees te ontvang

  • Jesus het oorwin, Hy is die Lig wat die duisternis oorwin het, Sy bloed het jou skoon gewas, daarom is jy waardigom Heilige Gees te ontvang.

Joh 1:5-7  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 6 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. 7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

  • Jy is uitgekies, koninklik (royal) priesters, heilig volk, wat genade ontvang het.

1Pet 2:9-10  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

  • Jy is Sy skepping, wat die vrede van Jesus verkondig, en Hy het ons toegang tot Vader God gegee.

EF 2:10-22 

Ef 2:10 & 13 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Ef 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

  • Prys God vir Sy genade en heerlikheid wat jou aanvaarbaar gemaak het deur Sy genade en vergiffenis.

Ef 1:6-7  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

  • Omdat jy Christus as jou verlosser aanvaar het en jy dus geregtig voor God is, is jy waardig om Heilige Gees te ontvang.

2Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

2Kor 5:21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

  • Deur Jesus het jy deel aan al die belofte en deel jy in die Goddelike natuur en kan jy die korrupsie van die wêreld ontvlug.

2Pet 1:4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

  • Jy is waardig, geliefd en gewas van sonde in Sy bloed en dit maak ons konings en priesters, en ons deel in Sy glory en krag in Jesus vir ewig.

Openb 1:5-6  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed 6  en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Hoe sal jy weet of jy die doop van Heilige Gees ontvang het?

Joh 7:38-39  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (AOV)

Glo dat as jy gevra het, dat jy ook ontvang het. Mrk11:23-27

Mense wat Heilige Gees se doop ontvang het, begin om in tale te praat of te profeteer. Soos ons in Hand2 gesien het.

Weet egter dat daar dinge is wat spreek in tale kan verhinder. Jy sal ook agterkom dat jy in die gawes van die Heilige Gees optree. Selfs as jy nie in tale spreek nie. (Sien:  Spreek in Tale)

Is daar iemand wat Heilige Gees en praat in tale wil ontvang?

Bid die gebed en glo dat jy ontvang  het:

Vader God, ek dank U, dat ek U tempel is waarin U Heilige Gees woon. Ek maak nou die deure van hierdie tempel oop en  nooi U Heilige Gees om my te vul en my die krag van die gawes te gee. Vernuwe asseblief my denke en lei my denke sodat ek geestelik inplaas van natuurlike sal dink en dat  U krag sigbaar sal wees in my lewe. Ek vra ook vir die gawe om in tale te praat in Jesus Naam. 2Kor2:14

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*