Krag van ‘n Geesvervulde Lewe

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Soms word ons groot in ‘n omgewing waar daar min oor die Heilige Gees of geestelike dinge gepraat of geleer word, of ons word verkeerde leerstellings geleer. Ons hoor goed en sien dinge wat ons nie verstaan nie en vorm dan verkeerde persepsies oor die geestelike en is huiwerig om ons daarin te begewe. Dus

Wat is ‘n geesvervulde lewe?

Dis wanneer die Heilige Gees in ons woon en ons Hom toelaat om ons te rig en te lei. Ja ons moet Hom ruimte gee, Hom toelaat om ons te lei en Sy leiding volg.

Waar kom die krag dan in?

Dis krag wat ons van Jesus ontvang, om dit te kan doen wat ons moet, soos Jesus dit vir sy dissipels gesê het, voordat Hy opgevaar het na Sy Vader toe. Jesus het belowe om vir ons ‘n helper te stuur wanneer Hy na Sy Vader gaan. Ons sal net-nou Joh 14:16-18 lees. Jesus het die dissipels beveel om bymekaar te bly tot hulle die Heilige Gees ontvang.

Luk 24:49  En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Hulle was bymekaar toe die Heilige Gees op hulle gekom het.

Hand 2:1-4 Die uitstorting van die Heilige Gees

A. Wat  het die Heilige Gees vir die dissipels beteken, wat was verskillend?

Om hierdie antwoorde te kry, laat ons kyk:

Wie is die Heilige Gees?

  • Heilige Gees is deel van die drie-eenheid; – God, die Vader; die Seun, Jesus en Heilige Gees.  (Kol2:9, 10)
  • Heilige Gees is ‘n ‘gentelman’ en sal slegs doen wat die Vader en Jesus Hom gee om te doen en wat jy toelaat.
  • Hy sal nie jou wil oorskry nie! Of jou probeer beheer nie.
  • Hy bemoedig en bou jou op en versterk jou.

Net-nou meer hieroor.

Wat is die Bybelse voorwaardes om Heilige Gees te kry?

  • Jy moet in Jesus glo en aanvaar wat Hy vir jou op die kruis gedoen het.

Met ander woorde, jy moet wedergebore wees om Heilige Gees te kan ontvang en dit kwalifiseer ons, om die lewe wat God vir ons beplan het reeds hier op aarde te leef.

  • Die doop van die Heilige Gees gee ons die krag om dit uit te leef. Ons het die krag van die Heilige Gees nodig om te doen wat Jesus gesê het ons sal doen, nl tekens en wonders sal ons volg waar ons ook al gaan. Dit is bewys dat Heilige Gees in ons is.

OT en NT bedelings

Heilige Gees het in OT net op sekere persone gekom vir ‘n sekere taak en hulle dan weer verlaat. Heilige Gees kon nie in hulle bly nie as gevolg van sonde. Ons leef in ‘n Nuwe Testamentiese bedeling – met ‘n beter ooreenkoms met God – as gevolg van alles wat Jesus op die kruis vermag het, is die sonde-oordeel afgehandel. Heilige Gees het gekom om te bly in die wat Jesus erken as hul verlosser.

Wat is die werk van die Heilige Gees?  

Heilige Gees se werk is om ons te help, te lei en op te bou, om ons te bemoedig en te troos.

  Hoe verander Heilige Gees ons? (sien ook later,Wat Heilige Gees vir ons doen)

Heilige Gees Veroorsaak geestelike of innerlike verandering: (HS cause inward or spiritual changes)

met wedergeboorte –  2Kor5:17 nuwe gees, die oue is verby, alles is nuut en jy is regverdig voor God.

Heilige Gees veroorsaak opwaartse lof en prys aan God: (HS cause upward worship)

Joh4:7-24 Samaritaanse vrou by die put. Sy kom skep water op die warmste tyd van die dag, om die mense te vermy as gevolg van haar geskiedenis / reputasie. Sy hoor wat Jesus sê en is opgewonde, nou maak niks meer saak nie, sy gaan roep die hele dorp om te hoor wat Jesus sê.

1Kor14:15 sê: loof en prys in waarheid en Gees.

1Kor12 & 14 Spreek en sing in tale is direk tot God, dis in perfekte eenheid met God.

Heilige Gees veroorsaak uitwaartse vloei: (bewyse na  buite) (HS cause outward flow)

Joh7:37-39 lees :38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Ons lewenswyse en optrede, dit wat die mense van ons sien – sien hulle Jesus in ons?

Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Ons sal die woord uitdra met tekens en wonders. Joh14:10-17

B. Hoe om die groter werke te doen as wat Jesus gedoen het?

Joh 14:12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Ons moet in Jesus glo om die groter werke te kan doen en omdat ons so baie van Hom ontvang het, kan ons:

Ons ontvang want, Jesus het die prys betaal, Hy het ons sonde op Hom geneem – al was Hy sondeloos,

Hy het ons siektes en vervloekinge op Hom geneem,

Hy is hel toe, het die dood geproe, Hy het gely vir ons.

Hy het die duiwel, hel en dood oorwin.

Hy het die sleutels afgeneem by die duiwel,

Hy het die wat gevange was bevry,

Hy het seëvierend uit die graf gekom en opgevaar na sy Vader.

Ons loop in oorwinning  want Jesus het dit reeds vermag.

Ons het Heilige Gees ontvang, daarom is ons soos Jesus is!

1John 2:20  En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.

Kol 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

1Kor 2:16  Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus.(ANV)

Hy het ons outoriteit gegee om Sy naam te gebruik!

Joh 14:13  En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Dis ‘n groot verantwoordelikheid, ons moet dit met respek en verantwoordelikheid gebruik. Die outoriteit is gegee, maar ons moet dit aanvaar om daarin te kan werk.

C. Kwaliteite van Heilige Gees Joh14:16-18 en 14:26-27

Joh 14:16-18  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18  Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Trooster – :16  in Engels ‘comforter’ en in Grieks is dit perecletoes [par-ak’-lay-tos]  = An intercessor, consoler: – advocate, comforter.

Advokaat, trooster of bemoediger, helper, verteenwoordiger.

Heilige Gees bly in jou – :16 vir altyd, Hy is nie ‘n besoeker nie, Hy bly, dit beteken – jy is nooit alleen nie! Erken en herken Heilige Gees se teenwoordigheid in jou lewe. Groet Hom, praat met Heilige Gees. Wanneer ons swak is, is Hy sterk, Hy tree op deur ons – Hy het nie ‘n af tyd nie.

Heilige Gees is Gees van Waarheid – :17 Woord van God is waar.

Wêreld kan Heilige Gees nie ontvang nie, -:17 net kinders van God kan.

Joh 14:26-27  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Heilige Gees sal jou alles leer – :26b 

Heilige Gees sal alles tot herhinnering bring en – :26c

Heilige Gees sal jou vrede gee – :27 geen vrees of ontsteltenis nie

3 Dinge wat Heilige Gees in die Wêreld doen: Joh16:7-11

  1. Heilige Gees sal wêreld van sonde oortuig- :8-9
  2. Heilige Gees sal wêreld berispe  in verband met geregtigheid- :8, 10 & Jes64:6
  3. Heilige Gees sal wêreld berispe in verband met oordeel -:11 Jesus het sonde oorwin; ons is geregtig in Jesus; ons vyand is tot in alle ewigheid oorwin.

Wat Heilige Gees vir ons doen Joh16:12-14

  1. Heilige Gees lei jou in waarheid – :13 (verlossing – Joh17:17, wedergeboorte – 2Kor5:17, outoriteit – Luk10:19.)
  2. Heilige Gees praat nie uit eie reg nie, slegs wat Hy van God en Jesus hoor – :13
  3. Heilige Gees sal ons wys wat nog sal kom, toekoms dinge – :13
  4. Heilige Gees verheerlik Jesus – :14
  5. Heilige Gees ontvang van Jesus en wys dit vir ons -:14

Krag van Heilige Gees

Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Krag vir ons gees om vrylik en direk  met God te praat

Hand2:1-4 vreemde tale;

1Kor14:2 Tale (geestelike tale)- spreek verborge dinge – verborge vir mense en bose geeste, maar nie vir God nie, God verstaan.

1Kor14, 15 vra om te verstaan wat jy praat en sing in die gees – is perfekte manier om met God te kommunikeer – dit bring eenheid

Krag om met vrymoedigheid vervolging te hanteer – Hand3 & 4

Krag om dood (vervolging) in die oë te kyk – Hand 7:54-60 Stefanus

Krag om duiwel en sy bose magte aan te vat. –  Hand13:2-12 Paulus het Elimas die towenaar tereggewys en hy was blind vir ‘n tyd.

Die Heilige Gees is ‘n kragtige helper, trooster en leier, wanneer ons Hom vertrou en toelaat om te doen wat Hy moet.

Deur Heilige Gees in ons, is ons soos Jesus.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*