God is onskuldig
Saamgestel deur Petrus vd Merwe
- Hoekom gebeur daar slegte goed met ons?
- Hoekom lei onskuldige kinders – mishandeling, hongersnoot, ens.?
- Hoekom is daar armoende, so baie siektes en ellendes?
- Hoe kan ‘n goeie God die slegte oor ons laat kom of toelaat dat dit oor ons kom?
- As God, die Skepper van alles is, hoekom het Hy natuurrampe geskep?
Wat leer die Woord ons?
Ja – God het die aarde en alles daarop geskep en dit was goed in God se oë maw perfek – Gen 1 en 2.
MAAR
Gén 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
God het die mens beheer oor die aarde – skepping gegee. Lees ook in:
Ps 115:16 Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.
Ps 8:6 (8:7) U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
Wat gaan doen die mens toe? – ons groot-voorvader Adam – hy luister na die duiwel en gee hierdie heerskappy van die aarde oor aan die duiwel.
Luk 4:5-6 Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.
Jesus het nie die duiwel terreggewys uit die Woord nie – so die duiwel was reg.
Ons sien ook in 2 Kor 4:3+4, Ef 2:1+2 en 1 Joh 5:19 dat die duiwel is in beheer van die aarde.
God is oppermagtig – supreme – hoekom gryp God nie in en keer hierdie pyn en lyding nie?
God het die mens ‘n vrye wil/vrye keuse gegee om self te besluit wat hy wil en nie wil nie – God meng nie in met die mens se wil nie – God het nie ingegryp toe Adam die verkeerde besluit gemaak het nie – as God nie ons vrye wil respekteer wat Hy vir ons gegee het nie dan was ons net marionette in Sy hand – Hy het egter ‘n regstelling gemaak – Jesus.
Die vraag is egter, na wie toe draai ons – na God toe of na die duiwel toe?
Ons het ‘n eie wil en moet self besluit – as ons verkeerd besluit, kan ons nie God beskuldig nie.
Toets God ons met slegte ervarings?
God het nie nodig om ons te toets om uit te vind wat ons dink en doen nie – Hy ken ons, weet wat ons dink en doen.
Jak 1:13- Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.
God plaas ons nie in versoeking om ons te toets nie.
14 Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep15 Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.
Die beproewinge wat ons beleef en wat met ons gebeur kom deur ons eie besluite,
16 Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. 17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.
God gee net die goeie en is onveranderbaar.
Gebruik God die duiwel om die slegte oor ons te bring vir straf?
Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
Die mens onderwerp hom aan die duiwel deur sonde en dink dan dit is God wat hulle straf.
God sê ons moet die duiwel weerstaan / teenstaan – dit is ‘n aksie, moet nie met gevoude arms wag om geslaan of verdruk te word nie – weerstaan die duiwel (aksie) – Jesus is ons voorbeeld Hy het die duiwel weerstaan Luk 4.
Vra God se beskerming –
1Pe 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
Ook 2Pet 2:9, Heb 13:6, Mat 28:20, Js 54:17, Luk 21:18, ens
Spreek die duiwel aan –
Joh 14:12 Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
Ook Mrk 16:17-18
Daar is net een ding waarvan God ons nie beskerm nie en dit is vervolging omdat ons in Jesus glo. – Mat 10:16-17
God sal ons deur die Heilige Gees ondersteun om dit te kan hanteer.
Gebeur slegte dinge met ons vir ons eie beswil?
Die volgende vers word deur die mense gebruik ter verduideliking dat alles wat met ons gebeur is van God en gebeur om ons te lei om beter te word.
Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. – Rom 8:28 And we know that all things work together for good to those who love God, to those who are the called according to His purpose.
Die vers sê alles ten goede meewerk vir die wat God liefhet – dit sê nie; slegte goed gebeur met die wat God liefhet, om hulle te leer nie.
God kan egter, wanneer ons swaarkry deur ons eie toedoen, dit gebruik om ons op te voed.
As God slegte dinge wil gebruik om ons te leer, hoekom het Jesus almal gesond gemaak?
Dit beteken ook as ons siek is mag ons nie bid vir genesing of dokter toe gaan nie, want dan is ons teen die wil van God.
God tugtig ons nie met siekte nie, Hy gebruik Sy Woord daarvoor –
2Ti 3:16-17 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Gebeur slegte dinge met ons omdat God ons straf vir ons sondes?
Daar word maklik gesê dit het met hom gebeur omdat God hom haar straf vir sy sondige lewe of iets wat verkeerd gedoen is.
2Ko 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
Jesus het reeds vir ons sonde gesterf en God het ons klaar vergewe vir enige sondes, maar deur ons eie besluit maak ons ons oop vir die duiwel en hy kan nie wag om ons ‘n harde tyd te gee nie, wanneer ons skeef trap nie.
Baie dinge wat met ons gebeur, is deur ons eie ondeurdagte besluite – ry te vinnig in die reën, gly wanneer vinnig gerem moet word en beland in ‘n ongeluk – gebruik nie common sense nie, doen dinge sonder om eers te kyk of ons nie dalk gaan seerkry nie.
God straf nie die wêreld met oorloë of menslike rampe nie, die duiwel gebruik mense om dit te begin.
Is natuur-rampe van God?
Die rede vir die vloed in Noag se tyd –
Gén 6:11-12 Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld; Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.
Aanvaar dat die mense baie erg was en dit sluit in ook die tyd toe hemelwesens met dogters van die aarde, kinders gehad het en Gen 6:4 Hulle was die sterk mense van die ou tyd, die manne van naam.
Ons weet nie baie van hierdie geskiedenis nie, maar aanvaar die vloed was nodig.
In die tyd voor Jesus was daar baie verbonde/ooreenkomste wat God met mense gehad het –
Voorbeelde wat ons van weet:
- Die verbond met Abraham en sy nageslag – wie hulle seën sal geseën word en wie hulle vervloek sal vervloek word
- Die verbond met Israel in Moses se tyd – die wette wat hulle moes nakom – seën en straf
Dit kan aanvaar word dat wanneer die mens enige van hierdie verbonde sou oortree, God sou optree ooreenkomstig die verbond wat straf insluit.
Dit is egter nie belangrik dat ons dit wel alles moet weet nie – ons weet wat die nuwe verbond vir ons beteken – Jesus het vir ons gesterf en is nou kinders van God wat na ons omsien.
Dit wil voorkom dat voor die vloed, het die aarde heeltemal anders gelyk en gewerk het, as daarna –
Gén 2:6 Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak.
Ons lees die volgende het met die vloed gebeur:
Gén 7:11 op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen; 12 en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.
Gén 7:19 En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was. 20 Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.
Daar kan aanvaar word dat die aarde seergekry het – verander/beskadig is – van daar die plate wat skuif en aardbewings en tsunamies ens – die aarde was nie meer soos met die skepping nie.
Ons lees ook in Romeine oor die aarde wat sug in pyne van verwagting –
Rom 8:21-22 die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. 22 Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.
So dit wat ons nou hier op aarde beleef met natuur-rampe word toegeskryf aan die sonde van die mens, maar God stuur nie die rampe nie, dit ontwikkel agv die veranderings aan die aarde na die sondeval.
Afsluiting:
Kyk weer na die vrae in die begin:
- Hoekom gebeur daar slegte goed met ons? – Ons maak ons oop vir die duiwel deur sonde
- Hoekom lei onskuldige kinders – mishandeling, hongersnoot, ens.? – As gevolg van die sondeval as ook ouers en grootouers wat hulle oopgemaak het om deur die duiwel aangeval te kan word – vloeke – Eks 20:5 en al die ander vloeke wat in die verbonde voorkom.
- Hoekom is daar armoende, so baie siektes en ellendes? – Die mens maak homself oop vir die duiwel en glo en vertrou nie in Jesus nie. – Joh 10:10
- Hoe kan ‘n goeie God die slegte oor ons laat kom of toelaat dat dit oor ons kom? – God meng nie in met ons elkeen se vrye wil en keuse nie – ons bring dit oor onsself, ons is nie God se marionette nie
- As God, die Skepper van alles is, hoekom het Hy natuurrampe geskep? – Die natuur/aarde is verander na die vloed wat agv die sonde plaas gevind het was en ons ly onder daardie gevolge
Ja ons lewe hier op aarde met al die dinge wat gebeur tot nadeel van die mens, maar ons wat glo in Jesus as ons verlosser, sal beskerm word wanneer ons vir beskerming vra – God belowe dit aan ons – ook in Jesus se Naam kan ons ons outoriteit gebruik om onsself te beskerm.
God was, is en sal atyd goed wees – Ps 86:5 – van die begin af tot in die ewigheid.
* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*
