Die Eie Ek: Die bron van al ons ongelukkigheid.
Saamgestel deur Alta vd Merwe
Anders gestel, Selfgesentreerdheid, die bron van alle ongelukkigheid.
Definiesie van selfgesentreerdheid
Selfverheffing of hoogmoed is selfgesentreedheid; maw alles draai om jou en jou belangrikheid in jou wêreld.
Nou meeste van ons, sal sê dat ons glad nie hoogmoedig is nie, eerder die teenoorgestelde, dat ons ‘n lae selfbeeld het. Maar as ons mooi daaroor dink, dan is ons ‘nederigheid’ of skaamheid eintlik inherente selfsug. Wat ons motiveer, is ons vrees vir ‘wat gaan hulle van my dink?’. So, ons kruip weg agter ons terug-getrokkenheid en ‘dis nie mooi om jouself te verhef nie’. Maw, jy dink ook maar net aan jouself.
Watter woorde beskryf Selfgesentreedheid in gewone taal?
Stel jou voor selfgesentreerdheid is ‘n stok, aan die eenkant is; Hoogmoed, arrogansie, selfpromosie, dink meer van jouself as wat jy moet, dink jy is beter as ander, wil middelpunt van geselskap wees, eie geregtigheid.
Aan die ander kant van die selfgesentreerdheid-stok is; lae selfbeeld, ek is nie goed genoeg nie, skaam, inkennig, teruggetrokke, ek is te sleg, ek sal nooit kan nie, ek glo nie in myself nie, ens.
Waarom word ons kwaad of is geirriteerd?
As ons eerlik is, is dit omdat my idee, my sienning nie aanvaar word nie, of die waardeering kry wat ek dink dit verdien nie.
Jak 4:1-3 Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3 As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. (ANV)
Wat is selfgesentreedheid?
Selfgesentreedheid is die verkeerde fokus. Ons fokus op ons veronderstelde behoeftes en begeertes, op ons eie klein wêreldjie. ‘I, me, myself’, ons is toegewikkel in ons self, ons leef vanuit ons vlees , ons 5 sintuie, ons is oor sensitief, ons emosies neem oor, ons leef vanuit ons siel ipv ons gees.
Waar kom selfgesentreerdheid vandaan?
Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet (AOV)
Die duiwel het ‘n lus geskep en ‘n behoefte het ontstaan vir beter en meer kennis.
Dit het alles begin by die sien van die vrug, haar fokus was nie meer op God nie, maar op haar behoefte en dit kan ontwikkel in ‘n persoonlike krisis.
Hierdie behoefte (wil hê), het ‘n ‘moet hê’ geword. En as ons dit nie kry nie is ons ongelukkig. Ons lewens word dit waarop ons fokus!
Joyce Meyer sê: ‘You can not be selfish and happy’ ‘Jy kan nie selfsugtig en gelukkig wees nie.’
Waaraan herken ons Selfgesentreerdheid?
- Hoogmoed: = ego, eie geregtigheid, arrogansie, self-afhanklikheid, self regverdiging, woede, boosheid,
Psa 10:4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie—dit is al sy gedagtes!(AOV)
Psa 10:4 The wicked in his proud countenance does not seek God; God is in none of his thoughts.(NKJV)
God is nie in die gedagtes van ‘n selfsugtige nie, sy fokus is nie op God nie!
Pro 8:13 Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ‘n verkeerde lewe en slinkse woorde. (AOV)
Pro 8:13 The fear of the LORD is to hate evil; Pride and arrogance and the evil way And the perverse mouth I hate.(NKJV)
Hoogmoed is die vrug van vrees.
- Vrees: Jy het geen vertroue in die verbond wat God met jou het nie. Jy is bevrees oor wat ander van jou dink, jy is bang vir mense en hulle opinies. Jy leef met ‘n gees van angs.
In Deuteronomium lees ons wat God vir Israel gesê het as hulle Sy voorwaardes nie nakom nie.
Deu 28:66 Jou lewe sal aan ‘n draadjie hang, jy sal dag en nag in vrees lewe, jy sal jou lewe lank onveilig wees.
Ons leef in twyfel wanneer ons God nie goed genoeg ken, om Hom ten volle te vertrou nie. Vrees is die gevolge van ons sondes in ons lewens hier op aarde.
3. ‘Grief’:Treur en rou (Afrikaans se betekkenis oorvleul te veel, dus ek gaan die Engels gebruik) = hurt, heartache, heartbroken – Grieve = sorrow, suffer, agonize – In die rou proses is dit normaal om vir ‘n rukkie in die tydperk te wees, maar mens moet oor gaan in die ‘mourning’ fase. Om vas te steek in die ‘Griving” fase is self-gesentreerd, want dan gaan dit nie meer oor die persoon nie, maar oor jou eie onvermoë om die verlies te hanteer en daarmee saam te leef. ‘Hoe kan ek sonder … leef? ‘
Mat 5:4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.
‘To mourn’ is die volgende stap. Die volgende fase van ‘grief’ is ‘mourn’ en dis om waardeering te hê en die persoon se lewe te vier (celebrate). Om God te dank vir die tydperk wat julle saam gehad het, en met die lewe aan te gaan, elke dag, dis ‘n prosess. Om op Jesus en HG te fokus vir troos.
- Twis
Spr 13:10 Selfverheffing(hoogmoed) lei altyd tot twis; dié wat goeie raad aanneem, het wysheid. (AOV)
Pro 13:10 By pride comes nothing but strife, But with the well-advised is wisdom.(NKJV)
Twis volg op ‘n houding van arrogansie, woede, ontevredenheid, ondankbaarheid en kla. Twis dui aan, dat jou fokus nie op Jesus is nie, jy is die middelpunt van jou bestaan en alles moet na jou sin wees.
- Depressie – gevangeneskap
Depressie is diep gewortel in selfgesendtreerdheid; dis self-fokus, daar is geen visie nie, geen rede vir bestaan nie en niks wat motiveer nie.
Luk 4:18,19 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; 19 om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.
Luk 4:18 “THE SPIRIT OF THE LORD IS UPON ME, BECAUSE HE HAS ANOINTED ME TO PREACH THE GOSPEL TO THE POOR; HE HAS SENT ME TO HEAL THE BROKENHEARTED, TO PROCLAIM LIBERTY TO THE CAPTIVES AND RECOVERY OF SIGHT TO THE BLIND, TO SET AT LIBERTY THOSE WHO ARE OPPRESSED;
Vers 19 se betekenis;- Watter nut is dit om aan mense in tronke vrylating te verkondig? Sal jy vrylating kan bewerk vir hulle?
Dit sê nie vry te laat nie, dis ‘vrylating van gevangenisskap’ van ons eie gedagtes, van ons self opgelegde gevangeneskap in ons denke.
Wat is die teenoorgestelde van Selfgesentreerdheid?
Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. (AOV)
Die teenoorgestelde van selfgesentreerdheid is om ‘n lewende offer aan God te wees. Dit beteken jy moet jou eie wil en lewe neer te lê, vir God en ander se behoeftes.
Fokus op Jesus. Wees lief vir God en Sy Woord.
Wat is opregte nederigheid?
Glo wat God se Woord oor jou sê! Weet wie jy in Christus is! Dit sal jou vry maak.
‘Ek is dit nie werd nie’ of ‘Ek is te sleg of te sondig’ is selfgesentreedheid. Jy ag jou woord hoër as God se Woord. (en dis ook sonde.)
Wat is die regte fokus?
Die regte fokus is om Christus gesentreerd te wees, dis om op God te fokus en te leef vanuit jou gees, dit is wat vryheid gee.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Maak Jesus die fokus van alles wat jy dink en doen. My Ma het gesê ‘Elke asem teug moet vir Hom wees’.
Heb 12:1,2 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
- Geen ‘pity parties’ meer nie.
- Lê die ou mens af en neem die nuwe lewe aan.
- Weet ‘Wie jy in Christus’ is, glo en verklaar dit elke dag oor jouself.
- Wanneer ons Jesus loof en prys word Hy grootter en die probleem krimp weg.
- Fokus op Jesus.
- Laat elke asemteug tot Sy eer wees.
* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*
