Wat gebeur wanneer ‘n Christen sondig
Saamgestel deur Petrus vd Merwe
Kom ons kyk eers na ʼn geheelbeeld van sonde.
Adam het gesondig in Eden deur van die boom van kennis van goed en kwaad te eet.
As gevolg daarvan het daar skeiding tussen God en die mens gekom
Jes 59:2 Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.
Wat het God egter oor die mens se sonde gedoen om hierdie skeiding te verwyder?
God het Sy Seun Jesus aarde toegestuur om vir die mens se sonde te sterf.
Jes 53:4-6 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Jesus is vir ons almal se sonde verbruisel
Jes 53:10-11 Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik 11 Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Jesus het God se straf oor die sonde namens ons gedra en ons geregverdig voor God gemaak.
Heb 10:10 Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.
Deur Jesus se offer is ons heilig gemaak vir altyd.
Heb 13:12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.
Almal in die wêreld se sondes is vergewe.
2Ko 5:19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.
Joh 3:17-18 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 18 Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
1Jn 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
God wil almal deur Sy goedheid tot bekering lei – glo dat Jesus vir ons gelei het en dus gered is.
Rom 2:4 God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?
So God het die mens weer met Homself versoen deur Jesus aarde toe te stuur.
Nou wat van elkeen van ons individueel?
Soos verduidelik met bekering, die wat nie Jesus aanneem as verlosser nie gaan hulle lewe in duisternis voer, maar die wat bekeer en Jesus aanneem se gees word weergebore, verseël deur die Heilige Gees.
God gee die weergeborene ‘n nuwe natuur wat nie meer wil sondig nie en doen net wat reg is.
God skryf Sy wette op ons harte – gees en siel.
Heb 10:16-17 “Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit skrywe.” 17 Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”
Almal se sondes is vergewe – verlede, huidig en toekomstig.
Ons gees is verseël en kan nie weer verwyder word van God nie, maar aan ons siel moet nog gewerk word.
Van ons siel volg ons denke / gedagtes na ons liggaam wat gewoonlik lei.
Rom 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
Al is ons gered en wil nie droogmaak nie, gaan elkeen van ons iewers droogmaak, want die siel en liggaam is steeds oop vir sonde.
1Jo 1:8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.
Hoe moet ons hierdie sonde hanteer?
Wanneer die Woord van God dit aan jou duidelik maak of die Heilige Gees jou deur jou gewete waarsku, bekeer/bely soos verduidelik met bekering en stop die verkeerde optrede.
Herken probleem, maak besluit om weg te draai en voer besluit uit.
1Jo 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Wat gebeur as ons hierdie sonde nie erken, bely en daarvan wegdraai nie?
Rom 6:16 Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.
Heb 3:12-13 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie
Wanneer jou verkeerde optrede nie eindig nie gaan jou hart verhard en later gaan jy dink jou optrede is reg en moet so wees. Hierdie kan lei tot ‘n vroë dood op aarde en/of ‘n baie ongelukkig lewe op aarde.
Voorbeeld: Hou nie behoorlik stil by stop of ry vinniger as die snelheidsgrens – gewoonte – word op keer gevang dan is jy kwaad vir beampte.
Saam met dit kom die waarskuwing –
Gal 6:7-8 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
Onthou die ewige lewe begin al hier op aarde met ‘n verhouding met God.
Watter invloed het sonde op die mens?
Jesus se vermaning aan die man wat Hy gesond gemaak het by die bad van Betesda –
Joh 5:14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Sondige optrede bring nie altyd siekte nie en ‘n siekte is nie altyd agv sonde nie.
Van watter sonde praat ons?
- Jy volg nie die God se sedewette nie en kuier rond wat eindig dat jy HIV positief is – jou lewe verander in pyn en die skaduwee van jou dood op aarde, hang oor jou.
- Geld is alles in jou lewe en jy gebruik alle metodes om meer te kry – dan word jy siek van al jou stress en die geld kan nie jou lewenskwaliteit terug koop nie of jy sterf aan ‘n hartaanval en jou baie geld beteken niks nie.
- Jy soek uitkoms in dwelms wat eindig in jou dood hier op aarde.
Hierdie is voorbeelde van wat oortredings/sondes aan die liggaam kan doen.
Dr MK Strydom is ‘n mediese dokter wat ondersoek gedoen het na siektes en wat die Bybel sê. Sy het ook gebruik gemaak van Dr Caroline Leaf se inligting oor die brein en Ps Henry Wright se navorsing oor oorsake van siektes oor ‘n tydperk met sy genesing bediening.
Navorsing sê 87-95% van alle siektes is terug gevolg na wat in die gedagtes van mense aangaan.
Die onderstaande is ‘n aanhaling uit ‘n boek van Dr MK Strydom met die titel Healing begins with Sanctification of the Heart
Stress:
- The devil knows that if he can control your thought life, he can control your body chemistry and cause disease. One of the tools he uses is fear, anxiety and stress.
- Definition of stress: Stress is the mind and body’s response to any pressure that disrupts a normal peaceful state. It is your brain converting the thought into a physical reality via the electrical impulses in your nerves and specific biochemicals. Stress is a global term for the extreme strain on your body and its organ systems as a result of toxic thinking
- There are three stages of stress. The first stage is a temporary stress which you experience for example when you have to stand up in front of an audience and give a speech
- Stage 2 of stress. This is where your body has been in stage 1 for too long or when the stress reaction is triggered by a negative toxic thought such as fear, anxiety, anger, rage, unforgiveness and bitterness. This is when stress starts becoming harmful to your body.
- In stage 2 of stress for a long time, you shift into stage 3 of stress. This is chronic stress which is also called the exhaustion stage. …….. your organ systems begin to breakdown and serious illnesses develop. These stages of stress are a very good example of how toxic thinking can cause extreme physical reactions that damage almost every organ system in your body.
Wat gebeur met voortdurende hoë vlakke van spanning?
When the high levels of stress chemicals are flowing through your body in stage 2 and 3 of stress, …… they don’t move randomly through your body causing damage just anywhere – they move in a very specific sequence of attack:
- CARDIOVASCULAR SYSTEM – the heart and blood vessels are where the destructive stress chemicals go first.
- The next area these harmful stress hormones attack is the DEFENSE SYSTEM i.e. THE IMMUNE SYSTEM – the immune system is an army of cells that defend you from harmful things such as viruses, bacteria and cancer cells.
- After weakening the heart and breaking down your defense system, the stress hormones attack the brain. Fatigue, lethargy, exhaustion, insomnia (inability to sleep), lack of peace, phobias and panic attacks, poor memory and fogged thinking set in. By this stage you are really feeling sick
- The next area to be hit is your digestive system – indigestion, constipation, diarrhea, vomiting, nausea, cramping, stomach ulcers, reflux (heart burn), irritable bowel syndrome, ulcerative colitis and malabsorption.
- Fertility problems and amenorrhoea (absence of menstrual periods) or irregular menstrual periods.
- Affects growth of children – stress can reduce the growth hormone by 87%
- Muscular tension – for example a tension headache, sore neck and muscle contraction backache
- The common cold (caused by the Rhinovirus virus). The cold virus can’t get in unless you’ve caused damage to the receptors.
- High levels of the stress hormone cortisol delays healing of wounds, causes inflammation and decreases bone formation.
- The list goes on and on – almost every system in your body is affected by unresolved fear, anxiety and stress.
Strife:
Strife also causes stage 2 and 3 physical stress reactions.
Strife includes bickering, arguing, fighting, gossiping, heated disagreements and angry undercurrents.
Unforgiveness and Bitterness:
Unforgiveness, bitterness, anger, rage and resentment will also put your body into Stage 2 and 3 of stress, leading to the development of diseases such as cancer, cardiovascular disease, pain disorders and stomach ulcers.
Inadequate Rest:
Other ways that we put our bodies into a toxic state of stage 2 and 3 of stress is overworking where we do not get enough rest.
Sondes – strife/twis, unforgiveness/onvergewinsgesindheid, bitternis/verbittering en fear/vrees.
Ek sê weer siekte is nie altyd weens sondige optrede nie.
Wat sê die Woord vir ons?
Jak 5:14-16 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. 15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. 16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Afsluiting:
Wanneer ons droogmaak/sondig dan beweeg ons weg van God se beskerming en maak ons onself oop vir die duiwel.
Ons sonde na wedergeboorte vat ons lewe oorvloed weg.
* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*
