My Identiteit (ID) in Christus

Saamgestel deur Alta vd Merwe

Hierdie is baie, baie belangrik, dit het soveel krag in ons lewens en ‘n persoonlike onthulling of openbaring (personal revelation) is nodig om dit ten volle te verstaan, om dit hartskennis (heart knowlegde) te maak.

Wat is Identiteit?

Dis wie jy is. In die meeste lande in die wêreld, het elke burger (citizen) ‘n ID dokument om te bevestig wie die persoon is.

Omdat ons Jesus as ons verlosser aangeneem het, het ons nie net ‘n ID in die land waar ons woon nie, maar ook in die Koninkryk van God.

In Christus, verwys na ‘n verbondsverhouding (covenant relationship) met God – dis lewensnoodsaaklik vir ‘n lewe in ewigheid saam met God.

Dis vir my besonders, dat soos God ‘n 3 eenheid is, en Hy ons ook so geskape het, 3 dele wat saam werk. En ons lees daarvan in

1Tess 5:23  En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Gees, siel en liggaam

Hoe was ons voordat ons Jesus aanvaar het as ons verlosser en waarom?

Ons was verlore en soekend. (lost & seeking)

Verlore as gevolg van die sondeval wat in die begin van die mens se bestaan plaas gevind het, toe Adam en Eva geval het vir die duiwel se slinkshede. Daar het geestelike skeiding of geestelike dood ingetree. (Spiritual separation) Ons geestelike kontak of verbinding, – bron van geestelike lewe is verbreek. (we are separated from our source of spiritual life) Daar het skeiding tussen God en die mens gekom agv die sonde – ons is onderwerp aan verval, korrupsie en dood. (we are subject to decay, corruption and death)

Ons is geskape om in ‘n verhouding met God te wees, ons gees bly soek na daardie verbindtenis. (connection) Ons siel word verlei en dwaal (soul side tract) al verder weg van God af,  wanneer ons nie met Godskennis gevoed word nie en ons onderdruk ons gees, dan kwyn (verdroog of verdor / wither) ons gees. Die mens vul sy siel, sy denke met allerhande wêreldse goed, sorge en bekommernisse van die dag (dwelms, okultiese, onsedelikhede,…) om hierdie soeke na ons geestelike bron (source) te bevredig (satisfy)— totdat ons eindelik  terug kom by Jesus en Hom Heer en Meester van ons lewens maak.

Ef 2:1-5  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. 4  Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—

Wat het gebeur met wedergeboorte (re-born, re-birth)?

Ons gees het nuut geword.

2Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 

Wat sê dit regtig?

2Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is (die persoon – wat Jesus as verlosser aangeneem het), is hy ‘n nuwe skepsel (nuut gemaak, nie verander nie, maar nuut geskape in die gees, dis nie fisies of in die liggaam nie – dis wedergeboorte); die ou dinge het verby- gegaan (ou dinge is afgelê, of agtergelaat), kyk (Fokus, sien), dit het alles nuut geword (dis anders, nie oud nie, nie bekend nie, dis nuut).

Kom ons kyk nou eers na hoe God ons geskape het en hoe elke deel van ons beïvloed word.

Liggaam:     body

Dis die uiterlike deel wat ons kan sien en aan kan vat. Jy kan jouself in ‘n spieël sien. Die liggaam bly onverandered met wedergeboorte. As jy lank is, bly jy lank, as jy kort is, bly jy kort.

God het ons liggame nodig om te help in Sy Koninkryk, ons is Sy hande en voete hier op die aarde.

Siel:  (AOV = gemoed of gees vd gemoed) soul

Wat is ons siel? Dis ons verstand of denke, ons wil en ons emosies. Dit wat binne-in ons koppe aangaan.

Al kan ons dit nie sien nie, weet ons dis daar! Woorde raak ons aan. Mense se kommentaar kan ons bemoedig en opbou of selfs seermaak en afbreek – ons voel hier, dis ons emosies. Dis waar ons vreugde en pyn ervaar. Dis waar ons besluite neem en keuses maak, waar ons besluit waarvan ons hou of nie hou nie.  Dis waar ons ons kennis opbou en uitbrei.

Met verloop van tyd sal mens hier ‘n verskil sien, soos jou denke vernuwe word. Daar mag by sommiges ‘n onmiddelike verandering wees. Ons hoor dit veral by mense wat dwelms gebruik het en onmiddelik verlos word van die verslawing. Die denke verandering is ‘n proses.

God het ons siele (verstand, denke) nodig om te help in Sy Koninkryk.

Gees:     spirit

Dis die ware jy, wat volgens God se beeld geskape is en ons gees sal vir ewig bestaan, in die hel of by God. En dis hier waar wedergeboorte plaas vind.

1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

Wat gebeur in my gees met wedergeboorte?

Jou gees word nuut gemaak. Dis ‘n onmiddelike transformasie, dis volkome en vir ewig, (daar is enkele uitsonderings waar mense God later verwerp). Jou nuwe gees is nou 100% perfek – daar is geen gebrek of tekortkoming nie. Selfs al het jy niks gevoel in jou siel of emosies nie, die transformasie is in jou gees, wat nou een is met God. En die HG kom woon in jou van die oomblik af dat jy, ja gesê het vir Jesus. Jou gees is ook nou geregtig, sonder sonde voor God.

Ef 1:13  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

Jou gees is nou geseël met God se seël. Jy is ‘tamper free’  peuter vry. Soos bv. ingelegde vrugte, konfyt, chutney – ‘n bottel wat geseël is, om goed te bly.

Transformasie:– moet ook in die siel plaas vind. Hierdie is ‘n voortdurendeproses.

Ef 4:23-24  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed (denke) 24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Ons gees is nou vernuwe maar ons siel (verstand en emosies en wil) moet nou by ons nuwe gees aanpas, dit moet in lyn kom. Dis soos ‘n kar se wiele, die wheel alignment is nou uit. Ons moet leer om nie meer te leef vanuit ons siel nie, maar vanuit ons gees. Ons moet ‘n deurvloei van ons gees toelaat, na ons siel toe. Soos ‘n kraan wat oop gedraai word, dat die water kan deur vloei. Anders gestel kyk in God se woord – laat die Woord jou spieël wees van wat God van jou sê en glo die Woord.

Praktiese voorbeld:

Jy word genooi na ‘n partytjie, Jou liggaam sê– aa lekker kos, drank ens.

Jou siel sê– lekker kuier saam met maats

Jou gees sê– jy hoort nie meer daar nie, en jy weet dit.

Daar is konflik, ‘n stryery in jou, oor wat is die regte ding om te doen, jy moet leer om die regte keuse te maak en besluit of jy gaan luister na daai stemmetjie wat jou gewete is, uit jou gees …of na die siel en liggaam se pluk om te doen of reageer soos jy altyd gedoen het.

Hoe doen mens dit?

Deur God se woord en nie met wêreldse wysheid of slimmighede en gewoontes nie.

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed (siel, denke), sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Efesiërs sê dit so – al 3 vertalings – ANV is baie verwarrend

Ef 4:23  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed (denke) (AOV)

Ef 4:23  Julle gees (nie gees nie, siel en denke sal beter vertaling wees) en gedagtes moet nuut word; (ANV)

Ef 4:23 Julle moet op ‘n nuwe, geestelike manier leer dink. (NLV)

Dié hernuwing van ons denke, moet hartskennis word vir die transformasie om inpak te hê, dit moet nie net kop-kennis bly nie. Jy moet weet wat God alles in jou en vir jou gedoen het en dit glo. Jy is regverdig en heilig.

Geregtigheid:– 2 soorte (Righteousness)

Horisontale geregtigheid = eie geregtigheid – waar jy goed doen in verhoudings met mense, dit maak jou lewe makliker en jy pas in, in die gemeenskap. Dit hou jou uit die moeilikheid; by jou baas en ook by jou ouers, tussen man of vrou. Dit is goeie maniere. Dit beteken egter niks vir jou saligheid of redding by God nie. (totally useless and achieve nothing with God.)

Angus Buckhum says: ‘Good people don’t go to heaven, only  believers go to heaven.’

Vertikale geregtigheid = God se genade – (nuwer vertalings = Vrygespreek)– jy kan niks doen om dit te bekom nie. Jou beste poging  om geregtig te wees is onaanvaarbaar vir God. (Your very best attempt to be righteous achieves nothing with God.) Dit is wat God vir ons gedoen het! (it is all about what God did for us!)

2Kor 5:21  Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.(ANV)

2Kor 5:21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. (AOV)

Ons is volkome geregtig by God vanaf wedergeboorte deur geloof in Jesus. God se behae (tevredenheid, plesier)(happy, pleased) in ons is agv. Jesus Christus. Ons is in geregtigheid en ware heiligheid nuut geskep.

Almal van ons gaan na ons wedergeboorte weer gesondig,

1Joh 1:8  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.  

dis egter in jou siel wat jy sondig, nie in jou gees nie. Jou gees is geseël, HG woon nou in jou en sonde kan nie saam met die HG leef nie. Leef vanuit wie jy in jou gees is, glo dit, glo wat God se Woord oor jou sê en nie wat die duiwel jou wil laat glo nie. Glo jou geestelike spieël.

Verhouding: (relationship)

Jou verhouding of lewe met God het nie te doen met dit wat in jou kop/verstand aangaan nie, en ook nie met dit wat gebaseer is op wat in die wêreld se spieël sê nie. Jou verhouding met God is gegrond op wie jy in die gees is, op grond van wat Jesus vir ons gedoen het. Die verhouding is gebaseer op die voltooide werk van Christus, waardeur ons geregtig gemaak word. Ons moet omgaan met God in gees en waarheid. Staan op jou geestelike Identiteit – kyk in die geestelike spieël van die Woord en aanvaar jou ID in Christus.

Wat sê die Woord wie is ons:

Gal 3:26  Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God,

Ons is God se kinders!

1Tim 6:15  Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers.

God is ons Koning en ons is Sy kinders, daarom is ons prinse en prinsesse.

Ek is wedergebore in:

Oorwinning, outoriteit, welvaart, gesondheid, geregtigheid, wysheid, die nuwe verbond en die familie van God.

* Kopiereg voorbehou inligting mag gebruik word soos nodig, maar mag nie in enige vorm verkoop word nie.*