Geregtigheid deur Genade

God se genade maak ons geregtig (vry) voor God.

Genade is ‘n geskenk van God, dis God se guns vir wat ons benodig sonder dat ons dit verdien.

Daar is twee soorte geregtigheid, eie geregtigheid en God se geregtigheid deur wat Jesus vir ons gedoen het.

Eie geregtigheid: Beteken niks in God se Koninkryk nie. Deur goed en reg te doen, help ons net in ons verhouding met die mense om ons. As ons doen wat reg en aanvaarbaar is, bly ons uit die moeilikheid by die huis of by die werk; vb. as jy die vuilgoed gereeld uitneem, is niemand kwaad vir jou nie.

God se geregtigheid: Ons kan nie God se geregtigheid bekom deur iets te doen nie. Dis ‘n geskenk, dis verniet. Ons kan wel in dankbaarheid reageer op die geskenk.

Ef 2:8-9  ‘Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.’ (AOV)

Ons is almal skuldig voor God, nie een is onskuldig nie, maar Jesus het die prys volledig betaal vir ons. Daarom wanneer ons Jesus aanvaar as ons verlosser is ons vry, sonder sonde, geregtig voor God.

2Kor 5:21  ‘Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.’ (AOV)