Redding deur Genade

Redding is wat ons ontvang het deur Jesus se opoffering vir ons aan die kruis.

Genade is ‘n geskenk van God, dis God se guns wat aan ons gegee word wat ons benodig sonder dat ons dit verdien.

Ons was skuldig weens sonde voor God, maar God het Jesus vir ons gegee.

Rom 5:8  ‘maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.’ (AOV)

Deur God se genade het Hy Jesus aarde toe gestuur om vir ons sonde te sterf en wanneer ons dit glo en bely is ons gered van ons sondelas.

Ons loof en prys God dat Hy vir ons Jesus gegee het, sodat ons vry van die sondelas kan wees en in geregtigheid (vry – sondeloos) voor God kan staan en dit net deur in Jesus te glo.

Ef 2:8-9  ‘Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.’ (AOV)

2Kor5:17-21. God sien nie ons sonde nie, Hy sien ons deur dit wat Jesus op die kruis vir ons gedoen het. (Ps103:12)