We believe in one eternal God, the Creator of all things, who reveals Himself in three Persons:
- The Father – the author of creation and salvation, the sustainer and ruler of all things.
- The Son, Jesus Christ – who came down from heaven, was born of the virgin Mary through the Holy Spirit, and lived a sinless life on earth. He was crucified by men, raised from the dead by the Father, and ascended to heaven, where He is seated at the right hand of the Father.
- The Holy Spirit – who convicts the world of sin, righteousness, and judgement.
We believe that the Bible is the infallible Word of God and can only be rightly understood through the guidance of the Holy Spirit.
We believe that all humans are created in the image of God. However, because of Adam’s sin, everyone is born into sin. Through faith in the death and resurrection of Jesus Christ, anyone can be born again and receive salvation by God’s grace.
We believe that after receiving salvation, believers should follow in obedience by being baptised in water through full immersion in the Name of the Lord Jesus Christ. This act signifies the death of the old self and the rising of a new creation to walk in the newness of life.
We believe in the baptism of the Holy Spirit and the manifestation of the gifts of the Spirit.
We believe in observing the Lord’s Supper in remembrance of Jesus Christ’s sacrifice—His body broken for our healing and His blood shed to make us righteous before God.
We believe that God has appointed a day of judgement when Jesus Christ will return to judge all people, both living and dead, based on their faith in Him. Those who believed in Jesus Christ will be with Him in heaven for eternity, while those who rejected Him will face eternal separation in hell, alongside the devil and his followers.
Ons glo in een ewige God, die Skepper van alle dinge, wat Homself in drie Persone openbaar:
- Die Vader – die Outeur van die skepping en verlossing, die Onderhouer en Heerser van alle dinge.
- Die Seun, Jesus Christus – wat uit die hemel neergedaal het, gebore is uit die maagd Maria deur die Heilige Gees, en ‘n sondelose lewe op aarde geleef het. Hy is deur mense gekruisig, deur die Vader uit die dood opgewek en opgevaar na die hemel, waar Hy aan die regterhand van die Vader sit.
- Die Heilige Gees – wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.
Ons glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is en slegs deur die leiding van die Heilige Gees reg verstaan kan word.
Ons glo dat alle mense na die beeld van God geskape is. As gevolg van Adam se sonde is almal egter in sonde gebore. Deur geloof in die dood en opstanding van Jesus Christus kan enigiemand weergebore word en verlossing deur die genade van God ontvang.
Ons glo dat gelowiges, ná hulle verlossing, in gehoorsaamheid moet volg deur in water gedoop te word deur volle onderdompeling in die Naam van die Here Jesus Christus. Hierdie daad simboliseer die dood van die ou mens en die opstanding van ‘n nuwe skepping om in die nuutheid van die lewe te wandel.
Ons glo in die doop in die Heilige Gees en die manifestasie van die gawes van die Gees.
Ons glo dat die Nagmaal onderhou moet word ter herinnering aan Jesus Christus se offer—sy liggaam wat vir ons genesing gebreek is en sy bloed wat gestort is om ons voor God regverdig te maak.
Ons glo dat God ‘n dag van oordeel vasgestel het wanneer Jesus Christus sal terugkeer om alle mense, lewend en dood, te oordeel volgens hulle geloof in Hom. Dié wat in Jesus Christus geglo het, sal vir ewig saam met Hom in die hemel wees, terwyl dié wat Hom verwerp het, ‘n ewige skeiding in die hel sal ervaar, saam met die duiwel en sy volgelinge..
