Koninklike Identiteit in Christus 8 November 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê: 

Kol 3:11 ‘In hierdie nuwe lewe is daar nie langer sprake van Griek of Jood, besny of onbesny, ongekultiveerd, barbaars, slaaf of vry man nie. Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is.’ NLV

Christus is die heel belangrikste en Hy is in my vandat ek nuut gemaak is.