Koninklike Identiteit in Christus 16 Augustus 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sĂȘ:

Opsomming: Kolossense 1

Kol 1:2 – Ek is heilig in Christus en God se genade en vrede is my deel.

Kol 1:13 – Ek is verlos uit die mag van die duisternis en in die Koningryk van Christus, ingebring. Ek het van koninkryk verander.

Kol 1:14Ek is vergewe en vry van sondeskuld deur Jesus se bloed.

Kol 1:20 – Ek het vrede en is versoen met God deur Jesus se bloed.

Kol1:21-22 – Ek was ver van God, maar deur Jesus se offer en bloed is ek nou versoen en staan skoon en foutloos voor God.

Dankie Jesus!