Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps 34:8 ‘Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom hulle wat vir die Here ontsag het en Hy red hulle.’ AFR20 (0ntsag = vrees, eer, respek)
Hoe wonderlik, die engel van die Here het om my laer opgeslaan! Hy beskerm en red diegene wat U eer. Vader God, ek dank U! Help my om U altyd te eer.
