Koninklike Identiteit 30/09/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 56:9 ‘U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?’ AOV

Sjoe, Vader God, dis te wonderlik om daaraan te dink! U weet presies waar ek gaan, U ken my emosies en bêre my trane! My lewe is in U boek opgeteken. (Ps139:16, Ef1:4) Dankie Vader, vir U liefde en omgee.