Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps 37:23-24 ‘Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.’ NLV
Dankie Vader God, dat U om gee, my pad en rigting bepaal, my ondersteun en altyd daar is om my te help.
Dankie, Vader God, dat U vreugde vind in my en vir my sorg. U bepaal my pad en rigting, ondersteun my en is altyd daar om my te help.
