Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Opsomming: Vader God,
Ps27:10 – Op U kan ek vertrou! U is altyd daar vir my, selfs as my ouers my verlaat.
Ps28:7 – U gee my krag en beskerm my, op U vertrou ek met my hele hart.
Ps31:20 – U goedheid en seën laat my beker oorloop! Ek eer U en vertrou op U alleen.
Ps32:8 – U rig en leer my en U hou U oog oor my.
Vader God, baie dankie vir U getroue en standvastige liefde. Ek loof en prys U!
U help my en vul my hart met vreugde en ‘n lied! Ek weet, ek is in goeie hande!
