Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.
Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:
Ps 63:7–9 ‘As ek op my bed lê en aan U dink, … onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind, u regterhand hou my staande.’ NLV
Dankie Vader God, dat U my help en staande hou. Ek sing tot U, van onder U beskermde vleuels.
