Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Ef 1:18 ‘en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien wat die hoop is wat Sy roeping bied, wat die heerlike rykdom van Sy erfenis vir die heiliges behels,’ AFR20
My hart (geestelike oë) is verlig en ek sien die hoop (verwagting, vooruitsig) van my erfenis. Dankie Vader God, U verlig my oë en ek behoort aan U.
