Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Ef 3:6 ‘Dié geheime plan is dat die nie-Joodse nasies deur Christus Jesus saam sal deel in die erfenis van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus verkry word.’ NLV
As Nie-Jood wat glo in Christus, is ek ook ‘n erfgenaam en lid van die liggaam van Christus en het deel aan die beloftes in die Goeie Nuus.
