Koninklike Identiteit 22 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:1 ‘Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens:’ AOV53

Die gelowiges word as heiliges in Christus gegroet. Ek glo in Jesus en is heilig as gevolg van alles wat Jesus deur die kruis en opstanding gedoen het.