Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.
Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:
Ps 91:4 ‘Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.’ ANV
Vader God, U is getrou! Ek is toegevou en veilig onder U vlerke, U beskerm my aan alle kante. Ek vrees niks!
