Koninklike Identiteit 23/03/2024

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 107:20 ‘Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.’ AOV ’53

Dankie, Vader God, U het Jesus, U Woord, gestuur en ons is gesond en gered! (Kyk na Joh1:1 en Jes55:11)