Koninklike Identiteit 21/09/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 2:10 ‘Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.’ AOV 1953

Dankie Vader God, ek is die werk van U beplanning. Nuut geskape in Christus om goeie dinge te doen en daarin te leef.